Cherish

Cherish is ons vrouebediening eie aan Doxa Deo en ons wil jou graag uitnooi om by ons aan te sluit. Die vrouebediening is ‘n plek waar jy as vrou bedien en bemagtig kan word.

Die skrifgedeelte wat die grondslag van ons vrouebediening vorm is Deut 7:6(b):

“God, your God, chose you out of all the people on the earth, for Himself, as His cherished personal treasure.”

Daar is iets vir elke stunning vrou by Cherish. Ons begeerte is:

 – dat elke vrou geïnspireer sal word;

 – dat elke vrou bemagtig sal word om geestelik en emosioneel te kan groei;

 – dat elke vrou sal besef dat die Here haar koester en baie lief het; en

 – dat sy saam met ‘n klomp vriendinne pret, vriendskap en vreugde sal beleef!

Ons het ‘n passie vir ons kampus en ons stad. Ons vertrou dat die Here hierdie bediening nog verder gaan gebruik om ‘n groter impak in ons stad te maak. Kom droom groot saam met ons!

Skakel in en kom leef jou passie en gawes uit by ons Cherish bediening!

Kontak ons gerus vir meer inligting.

Praat met Ons