Studente
Studente van Pretoria! As student is ’n mens op ’n reis om te ontdek wie jy is en waar jy inpas. Dus as jy ’n kerk soek waar jy kan ontdek wie jy is in Christus en waar jy tuis kan voel, kom kyk wat by Doxa Deo Wonderboom aangaan, elke Sondagaand, 18:30. In AFRIKAANS nogal.
Begin jou studente “journey” saam ’n groep mense wat saam aanbid, saam groei en saam lag. Ons is ’n familie van studente wat lief is vir Jesus én vir saam kuier ná die diens. Dis gemaklik, eg en vol mense wat jou wil leer ken.
Ons aanddiens is gebou vir Studente en Jong Volwassenes. Jy kan uitsien na opregte aanbidding, ’n Woord wat sin maak vir waar jy nou is, ruimte vir geestelike groei, ’n gemeenskap wat jou dra en ’n visie waarvan jy deel kan wees!