Young Adults
As jong volwassenes is ons op ’n stadium in ons lewe waar baie van die lewe se belanrikste besluite geneem moet word. Of dit te doen het met werk, familie of perrsoonlike dinge. Dit is ook die besluite wat reflekteer van wie ons glo ons is.
By Doxa Deo Wonderboom kan jy ’n gemeenskap verwag wat op dieselfde staduim van hul lewe is, ’n gemeenskap wat die lewe saam jou kan aanpak. Dit is ook hier waar ons die waarhede van God se Woord oor ons lewe ontdek, waar ons in ware aanbidding God kan prys en waar ons wil toelaat dit die dryf agter ons besluite is.
By Doxa Deo Wonderboom wil ons sien hoe jy groei. Nie net in jou verhouding met God nie, maar ook in jou verhouding met die mense om jou. Ons bou aan ’n familiekultuur waar jy kan behoort, kan vra, kan lag en kan wees wie jy is terwyl jy Jesus volg.