movement

Ons glo dat die begin van gesonde huwelike & gesinne by gesonde manne begin. Manne wat in Gees, Siel en Liggaam die heerlikheid van die Here dra. Manne wat weet WIE hulle is, HOE hulle moet optree en WAAR die Here hulle wil gebruik. 

Ons het kwartaallikse manne-aande wat volgens temas verpak word, maar ons glo dat elke man geslyp behoort te word deur ander manne. Hierdie is dissipelskap wat in die vorm van MoveMENt manne-groepe plaasvind. MoveMENt groepe kom reggoor die Noorde van Pretoria bymekaar, weekliks by huise, besighede en restaurante. Tye verskil maar vind gewoonlik op ’n Vrydagoggend vroeg plaas. Ons Movement groepe is elke eerste Vrydag van elke maand saam by die kampus om 05:00 vir gesamentlike woord en kuier. 

Elke twee jaar het ons ’n kursus met die naa KINGSMAN, ’n 9-maande proses wat elke man deur 24 beginsels van Goddelike manwees begelei. Kingsman vind in groepe plaas en sal weer in 2027 aangebied word by Wonderboom Kampus.

Praat met Ons