Aanbidding

Psalm 100:4 praat van om met danksegging en aanbidding voor die Here te wandel.

By die aanbiddingspan streef ons daarna om ten alle tye, in alles wat ons doen Sy heerlikheid deur aanbidding vir mense te wys. Die aanbiddingspan bestaan uit die musikante op die verhoog, die ‘tech team’ en ook die individue wat die stromingsplatvorms beheer.

Dit is ons voorreg om elke Sondag, en met ander spesiale geleenthede die aanbidding te kan fasiliteer. Ons groei ook saam, doen Parkrun saam en bedien vanuit ‘n plek waar ons God se heerlikheid beleef.

Praat met Ons