Jong Volwassenes!!

Die Jong Volwassene-groep van Doxa Deo Wonderboom Kampus bestaan uit enige finale jaar studente, ongetroudes en jong werkendes (22-35).

By Wonderboom Kampus wil ons sien dat jy as individu groei in jou Geestelike verhouding met God en ook met die ander mense om jou. Dis ‘n plek waar ons fokus om ‘n familie kultuur te skep, en waar jy kan behoort as ‘n Jong Volwassene.

Kleingroepe

Ons plaas ‘n groot fokus op dissiepelskap, en om te groei in ons verhouding met God. Een van die beste maniere om dit te doen is saam met ander mense. Die kleingroepe bestaan uit tussen 3-8 mense wat op ‘n weeklikse basis kuier oor die Woord en ook inspraak gee in mekaar se lewens. Moet nie uitmis op die geleentheid om Geestelik te groei nie, saam met mense wat jy vining vriende gaan noem.

Byeenkomste

  • Sondagaande 18:00 vir die aanddiens.
  • Woensdagaande 19:00 by huise of tydens die Mid-week by die kampus vir groeplewe.

Kontak Informasie

Juandre Pelzer

Selfoon nommer: 083 231 7542

Epos: [email protected]

Vir enige ander kommunikasie kontak: [email protected]

Praat met Ons