Jong Volwassenes

Die Jong Volwassene-groep van Doxa Deo Wonderboom Kampus bestaan uit enige finale jaar studente, ongetroudes en jong werkendes (22-35).

By Wonderboom Kampus wil ons sien dat jy as individu groei in jou geestelike verhouding met God en ook met die ander mense om jou. Dis ‘n plek waar ons fokus om ‘n familiekultuur te skep, en waar jy kan behoort as ‘n jong volwassene.

Kleingroepe

Ons plaas ‘n groot fokus op dissipelskap, en om te groei in ons verhouding met God. Een van die beste maniere om dit te doen is saam met ander mense. Die kleingroepe bestaan uit tussen 3-8 mense wat op ‘n weeklikse basis kuier oor die Woord en ook inspraak gee in mekaar se lewens. Moet nie uitmis op die geleentheid om geestelik te groei, saam met mense wat jy vinnig vriende gaan noem nie.

Kontak Informasie

Juandré Pelzer

Selfoonnommer: 083 231 7542

Epos: [email protected]

Vir enige ander kommunikasie kontak: [email protected]

Praat met Ons