Aanbidding

Musikante:

Om die Here te aanbid, is ‘n voorreg en ‘n vreugde wat ons as mens ontvang het, maar om dit te fasiliteer is een van daardie dinge wat nie net ‘n groot voorreg is nie, maar dit is iets wat in jou geplaas is om uit te leef. As jy ‘n musikant is, weet jy waarvan ek praat. Dit is daardie begeerte om jou instrument te gebruik om mense nader te trek in Sy teenwoordigheid, maar ook om jou eie hart en liefde vir Hom te wys. In ons kerk skep ons die geleentheid vir mense om hulle passies uit te leef in ‘n omgewing waar jy gaan groei en beleef hoe die Here jou gebruik. So indien jy wil betrokke raak by die Aanbiddingspan as musikant, hier is wat jou rol en funksie sal wees:
 
Oudisie:
Kontak vir Herman, ons aanbiddingsleider, by [email protected] of 083 991 4319 vir ‘n oudisie en ons maak seker dat jy deel kan word van hierdie span.
 
Inkom en deelword proses:
Na jou oudisie begin jou 6 weke proses. Dit is ‘n proses waarin jy die waardes en ook die kultuur van aanbidding in Doxa Deo gaan leerken, asook wat jou rol en funksie is binne die span. Die proses gaan jou ook help om gemaklik op die verhoog te wees en jou bediening uit te leef op ‘n manier wat nie net vir jou lekker is nie, maar wat mense lei na ‘n plek waar hulle bewus kan raak van God se teenwoordigheid. 
 
Beleggings:
Baie keer stagneer mens in die talent wat jy het, of is jy tevrede met jou vaardighede, maar ons glo dat groei belangrik is. Ons het op Maandae, 18:30-20:00, beleggingstyd waar ons elke week op ’n ander instrument fokus. Jy hoef dus net in te skakel op die dae wat dit belegging vir jou instrument is.
 
Bedieningstyd:
Ons oefeninge is elke Donderdag vanaf 18:30 tot 21:00 en is verpligtend as jy die komende Sondag moet dien.  Die inhoud van die oefening bestaan uit ‘n “share & care” gedeelte, asook dan die fisiese oefening van die liedjes wat die Sondag gering gaan word.
 
Sondae dienste: Daar is een ‘band’ wat oggenddienste speel en dan ‘n ander een wat die aand speel.
Tye op sondae is: 
Oggende 06:30 – soundcheck en dan die 07:45 diens sowel as die 10:00 diens.
Aande 16:45 – soundcheck en dan 18:00 begin die diens.
Daar is ook ‘n paar ander geleenthede waar die aanbiddingspan betrokke is en verantwoordelik is vir die fasilitering van aanbidding soos bv. Paasfees, Pinksterdienste, Hemelvaart-aanbiddingsaande en nog vele meer.
 
Kom ontdek jou plek in die aanbiddingsbediening.

Tegniese Span

Ons tegniese span is net so deel van die Worship team as enige musikant. Dit is waar al die werk en magic bymekaarkom.

Die tegniese span is verantwoordelik om die kommunikasie van die verhoog af is so manier te verpak dat mense kan deel in God se teenwoordigheid en dit wat Hy besig is om te doen in die dienste. Indien jy ‘n passie het vir klank, beligting, multimedia of enige ander tegniese aspek van ‘n diens is hierdie die bediening vir jou.

Net soos met die musikante in die Worship team is daar ‘n inkom en deelword proses wat jy gaan volg om te verseker dat ons vir jou die beste opleiding nodig kan gee, sodat jy kan bedien in gemak en selfvertroue. Die proses is ook nie net een van Tegniese kennis nie, maar jou uitleef van aanbidding binne die rol wat jy gaan vervul

Indien jy belangstel om deel te word of net meer uit te vind oor die proses praat gerus met [email protected] of 083 991 4319.

Die tye wat van jou verlang gaan word in die bediening:

Donderdae oefeninge: 18:30 tot 20:00

Sondae (Afhangende van Rooster): 07:00 vir 07:45 sowel as 10:00 en dan 16:30 vir 18:00 dienste.

Kontak Informasie

Herman Jacobs

Selfoonnommer: 083 991 4319

Epos: [email protected]

Vir enige ander kommunikasie kontak: [email protected]

Praat met Ons