Life Centre

Daar is baie situasies in die lewe wat die wind uit ons seile slaan.

Die Life Centre bied gespesialiseerde en gefokusde areas van bediening vir die van ons wat deur moeilike tye gaan. Ons begeerte is om te sien dat elke mens weer voluit sal lewe en in kwaliteit verhouding met God en jou naaste sal leef.

Areas waar jy betrokke kan raak:

Bemoedigers

As jy ‘n passie het om te sien hoe ander mense herstel word, dan is die Bemoedigers die plek om jou bediening uit te leef. Reg deur die jaar bied ons opleidingsgeleenthede aan vir ons Bemoedigers sodat ons mense wat deur trauma en krisisse gaan, sinvol kan ondersteun en bemoedig.

Beraders

Ons skep graag spasie vir beraders wat hulle passie en tyd hier by Lyttelton wil gee.

Spesialiste

Ons het ‘n omvattende netwerk van sielkundiges, terapeute, psigiaters,  en ander professionele kundiges wat ook van hul tyd gee by Lyttelton.

Indien jy ook deel van jou bediening hier wil uitleef binne jou professionele kapasiteit, kan jy gerus deel raak van ons Life Centre prosesse.

HOPE (Help Our People Eat):

  • Stoor
  • Emmers
  • Uitdeel

 

Life Skills:

  • Herstel Dinamika
  • Grief Share
  • Oorvloedslewe
  • Divorce Care
  • Huwelike

 

Bemoediging:

  • Hospitaal
  • Soulcare

 

Spesialiste:

  • Beraders
  • Sielkundiges
  • Psigiaters
  • Life Coaches
  • Terapeute

Kontak Informasie

Life Centre

Willem Gouws
[email protected]

Vir enige ander kommunikasie kontak vir Cornelia Pienaar: [email protected]

Praat met Ons