Life Centre

Daar is baie situasies in die lewe wat die wind uit ons seile slaan.

Die Life Centre bied gespesialiseerde en gefokusde areas van bediening vir die van ons wat deur moeilike tye gaan. Ons begeerte is om te sien dat elke mens weer voluit sal lewe en in kwaliteit verhouding met God en jou naaste sal leef.

Areas waar jy betrokke kan raak:


Bemoedigers

As jy ‘n passie het om te sien hoe ander mense herstel word, dan is die Bemoedigers die plek om jou bediening uit te leef. Reg deur die jaar bied ons opleidingsgeleenthede aan vir ons Bemoedigers sodat ons mense wat deur trauma en krisisse gaan, sinvol kan ondersteun en bemoedig.


Beraders

Ons skep graag spasie vir beraders wat hulle passie en tyd hier by Lyttelton wil gee.


Spesialiste

Ons het ‘n omvattende netwerk van sielkundiges, terapeute, psigiaters,  en ander professionele kundiges wat ook van hul tyd gee by Lyttelton.

Indien jy ook deel van jou bediening hier wil uitleef binne jou professionele kapasiteit, kan jy gerus deel raak van ons Life Centre prosesse.


HOPE (Help Our People Eat):

HOPE is Doxa Deo se voorsienings- en voedingsprogram waardeur aktiewe lede van Doxa Deo wat finansiële probleme ervaar, hulp en ondersteuning ontvang.

Kos en ander hulpbronne word aan hierdie gesinne voorsien, en hulle ontvang ook gebedsondersteuning. Ons bied ook finansiële leiding en ondersteuning waar nodig.

Die HOPE-program is ‘n plek waar jy vrygewig kan wees en ander kan dien!

 

Life Skills:

  • Herstel Dinamika
  • Grief Share
  • Oorvloedslewe
  • Divorce Care
  • Huwelike

 

Bemoediging:

  • Hospitaal
  • Soulcare

 

Spesialiste:

  • Beraders
  • Sielkundiges
  • Psigiaters
  • Life Coaches
  • Terapeute
 
 
 

Bankbesonderhede

Doxa Deo Lyttelton
ABSA Hatfield
Rek: 1017734977
Takkode: 632005

Algemene verwysings

LT+NAAM+Tiendes/Offerhande/Donasies
LT+Naam+Tree
LT+Naam+HOPE

Kontak Informasie

Life Centre

Vir enige ander kommunikasie kontak vir Wilmie Lourens: wilmie.lourens@doxadeo.org