I-Serve

Die I-serve span speel ‘n baie belangrike rol hierin om nuwe maar ook bestaande vennote welkom te laat voel. Jy kan op een van die volgende maniere betrokke raak by I-Serve:

 

  • Ons Groet-span is die eerste kontakpunt vir almal wat by die kampus aankom. Hulle maak seker dat almal weet hulle is welkom en ons is opgewonde om hulle daar te sien.
  • Ons Connect-span is daar om seker te maak dat almal konneksie maak met ander mense in die kampus en ook om seker te maak die vennote weet waar alles is bv. Kids, Moederskamer, Badkamers ens.
  • Ons Info-span is waar jy kan registreer vir kursusse en om alle vrae te beantwoord oor ons kampus, en die Doxa Deo familie
  • Ons Koffie-Span is hulpvaardig met hulle vriendelike diens by ons koffiestasie voor en na ons dienste. Hierdie is die spilpunt waarom ons kuierkultuur by Lyttelton draai.
  • Ons Koektafel-Span help weekliks koek voorsien wat verkoop word om ons familie gevoel en kuier kultuur net verder te vestig.

Kontak Informasie

I-Serve

Cornelia Pienaar
[email protected]

Vir enige ander kommunikasie kontak vir Cornelia Pienaar: [email protected]

Praat met Ons