DoxaDeo Kids

Die hart van Doxa Deo Kids is om kinders op ‘n ouderdomsgerigte, interaktiewe manier te begelei om God te leer ken, ‘n liefde vir mense te kweek en ‘n verskil in hul wêreld te gaan maak.

 

Ons bedien kinders by albei oggenddienste in die volgende ouderdomsgroepe:

2-3 jaar || 4-5 jaar || Gr. R+1 ||Gr.2-5.

 

Jy kan betrokke raak in die volgende areas van bediening:

  • aanbieding
  • ondersteuning vir aanbieder
  • registrasie
  • voorbereiding

 

Personeel

Doxa Deo Kids het ‘n wonderlike span personeel wat in verhouding met God en elkeen van die kinders staan.  Hulle skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer. Elke week word ‘n les uit ons goed uitgewerkte kurrikulum op ‘n kreatiewe manier aangebied.

Kontak Informasie

Doxa Deo Kids

Heinrich Roelofse
[email protected]

Vir enige ander kommunikasie kontak vir Cornelia Pienaar: [email protected]

Praat met Ons