Meer Oor

Lyttelton

Kampus

WAT LEEF IN DIE HART
VAN DOXA DEO

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘City Changers’ wat hulle God ken, Mense liefhet en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. (Knowing God, Loving People, Impacting my World)

Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie
sektore sigbaar word.

Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!

Waar

213 Monument Ave, Lyttelton Manor, Centurion, 0157

Sondag Dienstye

OGGEND & AAND DIENSTE

08:00

10:00

18:00

AANBIEDING TAAL

Afrikaans

Afrikaans

Afrikaans

JEUG DIENS

Vrydae Aande 18:00

AANBIEDING TAAL

Afrikaans

Hoe word ek deel?

Hoekom Vennootskap?

Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korintiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van
God se missie vir ons wêreld.

Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.

Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.

Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van
Christus strek te maak.

Belegging:
Ons wend ons finansiele vermoëns aan om die
kerk van Jesus te bou.

Hoe word ek 'n Vennoot?

Kontak gerus die kampus waar jy wil inskakel en skakel in by ons Nuwe Vennote proses. Daarna vat ons jou graag na ons dissipelskap prosesse sodat jy jou plek in die liggaaam van Jesus kan vind en jou
roeping so saam met ons uitleef.

Oor Ons Personeel

Kerk is soveel meer as ‘n diens oor ‘n naweek. Vir ons is dit oor ‘n verbinding met ander
mense, groei in jou geloof, en die bou van ‘n sterk fondasie vir jou gesin. Die missie van elke personeellid by Doxa Deo is om te sien hoe elke mens wat in Jesus glo, deel uitmaak van ‘n gesin, besig om dissipels te maak, en te bou aan God se Koninkryk.

Ons Span

Willem Gouws

Kampus Pastoor

Morris Asher

Bedieningsleier

Cornelia Pienaar

Bestuurder

Cyann Asher

Aanbiddingsleier

HEINRICH ROELOFSE

Kinderbediening / Administratief

linden knoetze

tienerbediening

Charné Pienaar

Grafiese Ontwerp

Michelle Terblanche

Kinderbediening

JANINE BESTER

Worship Intern

BERNARD POSTHUMUS

Worship Intern

Praat met Ons