BEDIENINGE

Ontdek ons bedieninge wat jou help om in geloof te groei, gemeenskap te bou en uit te reik, sodat jy geestelik kan floreer en ’n positiewe verskil in die wêreld kan maak.

SOUL CARE

SoulCare is ‘n unieke bediening vir innerlike genesing en bevryding.

LIFE CENTRE

Die Life Centre bied gespesialiseerde en gefokusde areas van bediening vir die van ons wat deur moeilike tye gaan. 

KIDS

Ons skep ‘n veilige omgewing waar kinders op ‘n prettige manier van Jesus kan leer.

TIENERS: FUSION

Dit is ons begeerte om te sien dat elke tiener wat deur ons deure kom, ‘n ontmoeting met God het; soos ons naam (FUSION) aandui dat elke tiener sal bind met God

VROUE: CHERISH

We are a Women’s Ministry with a mission from God – to nurture, to love and to inspire… and to cherish the uncherished.

MANNE: MOVEMENT

Ons skep weekliks ‘n geleentheid vir manne om deur stories, woord en saamkuier te ontdek wat die grootheid van God se storie in ons lewens kan wees.

SENIORS

Bediening is ‘n gemeenskap van individue oor die ouderdom van 60 wat ‘n begeerte het om voluit te leef en saam ‘n verskil te maak

HUWELIKE

Gesonde huwelike is die hoeksteen van elke samelewing. Ons begeerte is om te sien dat mense ‘n gesonde uitkyk op die Bybelse beginsels van die huwelik sal hê.

MEER INLIGTING 

GROEPLEWE

Afgesien van ‘n verhouding met God, is die mens se grootste behoefte na betekenisvolle verhoudings met ander mense. Mense in ons gemeente word primêr bedien en versorg in klein, informele groepe, waar vriendskappe en verhoudings kan groei en floreer.

AANBIDDING

Dit is ons begeerte om God te aanbid in Waarheid en in Gees en daarom het ons ’n aanbiddingsspan van musikante, sangers en tegniese personeel wat hulle gawes en talente gebruik om aanbidding te lei en fasiliteer tydens feesdienste en ander geleenthede.

TREE: SKOLEPROJEK

Ons is betrokke by 5 skole deur die volgende: Gebedsouers, Personeelbeleggings, skole se CSV’s, Skole Sondae by die kerk, uitreik na die hoofde en ondersteuning van onderwysers. 

LEWENSOOMBLIKKE

Ons glo God is deel van elke faset van jou lewe; in tye van vreugde, hartseer en verandering. Ons wil jou help om hierdie liefde van God in elke faset van jou lewe raak te sien.

VERHOUDING MET GOD

DOPING MET DIE HEILIGE GEES

TROUES

BEGRAFNISSE

FEESDIENSTE

Dit is belangrik dat ons mense van die eerste oomblik af met ope arms ontvang word en welkom laat voel.  

DOOP

Doop is ‘n opdrag van Jesus aan die kerk waardeur ‘n gelowige uitdrukking gee aan sy/haar geloof en begeerte om geïdentifiseer te word met Jesus Christus. 

KINDERTOEWYDING

Jou kind is so kosbaar en daarom wil ons graag twee keer per kwartaal tydens ons dienste, die toewyding en inseën van ons kindertjies fasiliteer saam ouers en familie/vriende.

Praat met Ons