TREE

TREE (Transforming Educational Environments) is ‘n geregistreerde Openbare Weldaadsorganisasie (PBO 930004275) met Artikel 18A-status.
Die organisasie fokus hoofsaaklik daarop om skoolbestuur te ondersteun in die bevordering van ‘n gesonde leeromgewing, met spesifieke aandag aan die volgende drie kernareas:
• ’n Gesonde geloofslewe
• ’n Gesonde gemeenskap
• ’n Gesonde leierskap

TREE is tans betrokke by 118 skole landswyd en volg ‘n vennootskapsmodel ten einde die algehele gesondheid van ‘n skool aan te spreek. TREE is nie ‘n alleenstaande diensverskaffer nie, maar volg ‘n verhoudingsgedrewe benadering.
Ons is oortuig dat gesonde verhoudings tussen verskeie rolspelers die fondament vorm vir ‘n gesonde leeromgewing vir beide leerders en opvoeders.

TREE se betrokkenheid by skole sluit die volgende in:
• Die aanbied van ’n aanlyn meningsopname vir leerders en onderwysers;
• Die ontwikkeling van ’n unieke gesondheidsplan in samewerking met relevante rolspelers;
• Die plaas van TREE-koördineerders en -jeugwerkers om ondersteuning te bied met die implementering van die plan.

ONTMOET ONS TREE SPAN

LAERSKOOL STEPHANUS ROOS

Kay-Leigh Sloane dien as jeugwerker by Laerskool Stephanus Roos waar sy weekliks gewyde sang, skaakklasse, CSV, een-tot-een sessies en na-skool betrokkenheid fasiliteer. Sy deel ook kos met Ohana-maats tydens pouses. Haar hart is om kinders te ondersteun, verhoudings te bou en hul geestelike en emosionele welstand te versterk.

LAERSKOOL MAGALIESKRUIN

Rebecha Wessels dien by Laerskool Magalieskruin waar sy Graad R en RR lewensvaardigheids-groepies, Bybellesse, CSV en Bidouers fasiliteer. Sy bied ook een-tot-een sessies en ondersteun groepies vir leerders. Rebecha help maandeliks met Tabita-omgeepakkies en het ’n diep hart om kinders se geestelike groei, welstand en identiteit in God te versterk.

LAERSKOOL DIE POORT

Leon Beukes dien by Laerskool Die Poort waar hy emosionele ondersteuning aan leerders bied en betrokke is by die gewyde sang-periodes. Hy bou betekenisvolle verhoudings met kinders en skep ’n veilige ruimte vir gesprek en groei. Leon het ’n opregte passie vir kinders en ’n diep liefde vir God se Woord.

LAERSKOOL TRANSVALIA

Mariska van der Meulen dien as jeugwerker by Laerskool Transvalia waar sy Bybelgroepies vir Graad 1–3 fasiliteer om kinders in hulle geloof te versterk. Sy bied ook emosionele ondersteuning aan leerders. Mariska het ’n besondere passie om kinders en onderwysers te bemoedig, te waardeer en ’n positiewe, omgee-kultuur by die skool te help bou.

HOËRSKOOL MONTANA

Karel Marais dien by Hoërskool Montana waar hy die weeklikse CSV en Gebedouers fasiliteer. Hy skep ruimtes waar leerders saam kan bid, groei in hul geloof en mekaar bemoedig. Karel het ook ’n groot passie vir worship-geleenthede by die skool en begelei jongmense om God vrymoedig te aanbid.

TREE KOÖRDINEERDER

Reanca Olwage dien as die TREE-koördineerder van die Kameeldrift-span. Sy ondersteun en begelei jeugwerkers en bou sterk verhoudings met kinders, onderwysers en ouers. Reanca het ’n groot passie om skole te dien, mense te bemoedig en ’n kultuur te skep waar kinders se geestelike groei en welstand kan floreer.

MEER OOR TREE

ONS VISIE

Ons fokus op die transformasie van individue, insluitend skoolhoofde, onderwysers, leerders en ouers.

Ons rus onderwysers en skoolhoofde toe, ondersteun hulle en bedien die kinders deur lewensafrigting, leierskapsontwikkeling, prediking en die leiding van lof- en aanbiddingsessies.

ONS MISSIE

Ons help skole om strategieë te ontwikkel om ‘n gesonde omgewing vir die volgende generasie te skep.
Dit gebeur wanneer ons fokus op die 3 kernomgewings in ‘n skool:
Gesonde Spiritualiteit, Gesonde Gemeenskap en Gesonde Doel.

ONS SPAN

Ons jeugwerkers is aktief betrokke by hoërskole en laerskole waar ons weekliks onderwysers en leerders bedien.
Lede van verskeie kerke in Pretoria werk saam met ons om ‘n verskil te maak in die skole van ons stad.

Finansiële bydrae per debietorder

Raak deel in ‘n dienende kapasiteit

Doen aansoek vir Artikel 18A

Die TREE mandaat

Kontak ons gerus indien jy ondersteuning wil bied deur te help met jou tyd of finansies wat ons bemagtig om TREE Jeugwerkers in skole te plaas. EFT kan gemaak word aan:

Educational Trust, ABSA bank, Takkode: 632005, Rek: 408 549 2367

Verwysing: KD TREE

Stuur bewys van betaling na [email protected]

Praat met Ons