ONS
HART

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘City Changers’ wat hulle God ken, Mense liefhet en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. (Om God te ken.
Mense lief te hê.
My wêreld te vernuwe.)

Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

ONS
GLO

VERKLARING VAN GELOOF

Wanneer jy opsoek is na ’n nuwe kerk, is dit noodsaaklik om te verstaan wat Doxa Deo glo. Ons weet dat hierdie inligting jou as ’n nuwe besoeker sal help om ’n besluit te neem om deel te word van die Doxa Deo-familie.

Word 'N
VENNOOT

Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv. ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korinthiërs 3:9 dat ons medewerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.

Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd, ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig; oral waar ons funksioneer.

Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.

Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus sterk te maak.

Belegging:
 Ons wend ons finansiele vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.

Kontak ons asseblief om by ons Nuwe Vennote-proses aan te sluit. Maak seker jy neem daarna deel aan ons dissipelskap-programme. Ons gebed is dat jy jou plek sal vind en jou roeping in die liggaam van Christus sal vervul.

ONS
SPAN

EUGENE LOMBARD

Kampus Pastor

MARIUS & ADéLE OOSTHUIZEN

BEDIENINGSLEIERS

MARISKA VD MEULEN

KIDS BEDIENINGSLEIER

RUAN JORDAAN

AANBIDDINGSLEIER

REANCA OLWAGE

KIDS & TREE SKOLEWERKERS KOÖRDINEERDER

KAREL MARAIS

FUSION TIENERBEDIENING

HEIN DE BEER

AANDDIENSLEIER

BELINDA BEUKES

KAMPUS BESTUURDER

ELSA DE LANGE

ONTVANGS

CHANTELLE FEATHERSTONE

NOORD ZONE SEKRETARESSE

CATHARINA BOSCH

KOMMUNIKASIE | GRAFIESE ONTWERP

MONA VAN STADEN

SEKRETARESSE

CULIZE MOMBERG

VIDEOGRAAF

MARLIZE SMALL

GIRL & ARROW PROJEK

TRECHIA ARLOW

LIFE CENTRE

REBECHA WESSELS

TREE JEUGWERKER

KAY-LEIGH SLOANE

TREE JEUGWERKER

LEON BEUKES

TREE JEUGWERKER

ADRIAAN VOSLOO

INTERN

LYDIA MASAKE

WERKER

MARTIENS MOOBI

WERKER

JOHANNES RABALAO

WERKER

ANDREW MAHLANGU

WERKER

Praat met Ons