Word deel van ons

DISSIPELSKAP

jaarprosesse om verandering te bring in jou en jou omgewing

Doxa Deo wil graag ons vennote inspireer en toerus oppad na volwassenheid in Christus. Die uiteindelike doel van alle opleidingsgeleenthede, is dat transformasie op vele vlakke sal plaasvind.  Mag vennote gevolglik die kwaliteitslewe ervaar wat God vir hulle beoog het toe Hy in Genesis 1:26 gesê het: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers…” Dit word ook bevestig deur die woorde van Jesus toe Hy in Johannes 10:10 gesê het: “…Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

Radiance is ‘n unieke kursus vir jong volwasse vroue. Ons bespreek onder andere identiteit, roeping, verhoudings en nog vele meer. Dit vind plaas van Februarie tot September. Ons kom Woensdagaande (behalwe tydens skoolvakansies) om 18h30 tot 21h00 by Doxa Deo Kameeldrift bymekaar. Dis waar ons spesifieke temas hanteer en lekker in kleingroepe funksioneer:

WAARHEID… in die plek van leuens
HERSTEL…emosioneel en geestelik
SKEPPINGSDOEL…ontdekking of herontdekking
TOERUSTING…vir jou toekoms

Ons eindig in September met ‘n groot afsluitingsfunksie. Vir meer inligting, kontak Charlene Jordaan by [email protected].

Die Here het elke man geskep met ‘n spesifieke doel (purpose). Discovery is ‘n kursus vir jong manne om te ontdek wat die Here se doel vir elkeen se lewe is, deur ‘n fondasie te lê in die verstaan van die roeping op elke man se lewe soos dit in die Woord van die Here is.

Dit vind plaas van Februarie tot September. Ons kom Woensdagaande (behalwe tydens skoolvakansies) om 18h30 tot 21h00 by Doxa Deo Kameeldrift bymekaar. Vir meer inligting, kontak Ruan Jordaan.

Ons kernvers: Colossians 2:10 – We are completely filled with God as Christ’s fullness overflows within us.

God het ‘n volmaakte plan vir elke vrou! Daarom fokus ons in die Complete proses op die ontdekking van jou roeping en Goddelike waarde. Gedurende die proses gaan jy bemagtig word om in ‘n dieper verhouding met God te leef en om ‘n geestelike gesonde lewe te kan hê. Kom geniet VROUWEES saam met ander vroue op ‘n hele nuwe vlak! Kontak Adéle Oosthuizen om by die volgende proses in te skakel.

Kingsman is presies wat die naam sê: ons is die Here se manne, ons het verhouding met die Here en ons hele lewe vloei uit “die” realiteit uit. Alles op hierdie nuwe Kingsman pad saam God ons Vader is gefokus om jou in diepte te laat sak in jou verhouding met Hom. Om christenskap as ‘n avontuur te beleef moet ‘n mens verstaan wie jy is en hoe Vader deur ons lewens wil werk. Ons as mens het nodig om geduldig te wees en so baie keer is die pad wat ons stap saam met die Here soos die pad wat ons stap op aarde, ons kruip, loop en dan hardloop. So is die pad wat ons saam gaan stap, ons gaan eers kruip, loop en dan hardloop.
 
Kingsman gaan nie net om te ontvang nie maar ook om te gee. Jy is deel van ‘n groep waar jou kennis, wysheid en lewenservaring ander manne kan bemagtig. Die woord sê: “Yster slyp yster en vriende vorm mekaar”. Kontak Marius Oosthuizen om by die volgende proses in te skakel.

Die huwelik is ‘n instelling van God (Gen. 2: 18-25) en is ook ‘n model van ons verhouding met Jesus Christus (Ef.5:22-27). 
so ‘n driedubbele tou word nie gou verbreek nie. (Pred.4:12b)

Vir verloofdes bied ons ‘n proses aan: EK IS VERLOOF, WAT NOU? Hou die pers dop vir ons volgende naweek seminaar of kontak Mona van Staden.

Vir getroudes het ons gereeld HUWELIKSBELEGGINGS-AANDE by die kampus en huwelikskampe.

CCEP is ‘n 2-jaar seisoen van persoonlike groei. Dit bemagtig jou as “City Changer” om die uitkomste van Doxa Deo se Dissipelskapsproses te ontdek en toe te pas. Deur CCEP sal jy toegerus word om doeltreffend betrokke te kan wees in die verskeie bedieningsprosesse en leierskapstrukture van jou Doxa Deo Kampus of plaaslike kerk. Klik hier om hulle webblad te besoek.

Praat met Ons