LIFE CENTRE
Daar is baie situasies in die lewe wat die wind uit ons seile slaan. Die Life Centre bied gespesialiseerde en gefokusde areas van bediening vir die van ons wat deur moeilike tye gaan. Ons begeerte is om te sien dat elke mens weer voluit sal lewe en in kwaliteit verhouding met God en jou naaste sal leef.
WAT BIED DIE LIFE CENTRE?
Areas van bediening
GRIEF SHARE
Jy hoef nie alleen deur die rouproses te gaan nie. Dit is ‘n vriendelike, sorgsame groep mense wat saam met jou sal stap deur een van die lewe se moeilikste ervarings van die verlies van ‘n geliefde. Ontvang ondersteuning deur die pad van rou na genesing en hoop vir die toekoms.
Hou die kalender dop vir hierdie proses.
DIVORCE CARE
Dit is ‘n 13-week program om jou deur die uitdagings van egskeiding of skeiding te lei om jou lewe te herbou.
Hou die kalender dop vir hierdie proses.
SOUL CARE
SoulCare is nie ‘n beradingsessie nie. Dit is ‘n gefasiliteerde tyd van interaksie tussen ‘n individu en God (Vader, Seun en Heilige Gees). Die gefokusde uitkoms van die sessie is om vryheid, restorasie en effektiewe innerlike genesing te beleef. Dit hanteer die wortel van dit wat ons verhinder om ‘n intieme verhouding met God te beleef. Gedurende die sessie word leuens wat ons aanvaar het met waarheid verplaas wat ons in staat stel om voluit te leef in ons identiteit in Christus.
ONS PROSES:
- Vul hier ‘n vorm op ons webwerf in of laai hier ‘n inskrywingsvorm af en stuur dit na [email protected].
- Nadat ons jou vorm ontvang het, stel ons vir jou ‘n afspraak op per e-pos.
Plaaslik kan navrae gerig word aan Vanessa by [email protected]
Download an appointment form in English here or click here to complete an online form.
BEMOEDIGERS
Ons bemoedigers word toegerus om in ‘n ondersteunende hoedanigheid te dien in moeilike tye. Dit bestaan uit vrywilligers wat ‘n hart het vir mense en ‘n passie vir versorging en herstel.
Vul die vorm in vir ‘n afspraak: BEMOEDIGERSESSIE
BERADING
Het jy berading of spesialis-hulp nodig?
Ons het opgeleide professionele beraders met wie ons jou in kontak kan bring. Daar is ‘n netwerk van spesialiste wat hulle dienste aanbied. Dit sluit in terapeute, sielkundiges en ander spesialiste.
Vul die vorm in vir ‘n afspraak: BERADINGSESSIE
Ons fokus nie slegs op seer nie, maar die VOORKOMING daarvan. Ons hart is ook om mense te bemagtig met die “hoe” om mense te ondersteun wat wel deur ‘n moeilike tyd gaan. Ons begeerte is dat ons gemeenskap lewe en lewe in oorvloed kan beleef IN VERHOUDING met Jesus Christus as die Lewegewer. Verskeie prosesse, opleiding en werkswinkels word vanuit die Life Centre aangebied om in hierdie doel te slaag.