EK HET BERADING NODIG
Vrywillige sowel as geregistreerde beraders wat formele opleiding in berading ontvang het en wat dien in ‘n begeleidingshoedanigheid. Beradingsessies word deur ons kantoor geskeduleer.
EK GAAN DEUR ‘N MOEILIKE TYD (BEMOEDIGING)
Vrywilligers wat ‘n hart het vir mense en ‘n passie vir versorging en herstel. Ons bemoedigers word toegerus om te dien in ‘n ondersteunende hoedanigheid.
SOUL CARE
Die Soul Care bediening is daarop gemik om by die wortel uit te kom van dit wat jou dalk kan verhinder om in ‘n intieme verhouding met die Vader, Seun en Heilige Gees te leef. Dit is nie ‘n beradingsessie nie, maar ‘n tyd van begeleide interaksie met die Vader, Seun en Heilige Gees ter wille van heelheid en vryheid.
SPESIALSTE
Professionele hulpverlening in die vorm van Sielkundiges, Terapeute, Psigiaters, ens. Hierdie persone is slegs deel van die “Versorging” netwerk en is nie in diens van Doxa Deo nie.
GENEROSITY
Generosity is ons kosgee projek. Dit is spesifiek gemik op behoeftige gesinne in ons eie gemeente. Indien jy weet van gesinne wat behoefte het aan kos, bring dit asseblief onder die leierskap se aandag sodat ons vir daardie gesinne kan kospakkies opmaak.
GRACE FOR LIFE
Grace for Life is ‘n groeiproses wat mense begelei na gesonde menswees. Van die kern fokusareas gedurende hierdie groeiproses is onder andere die belangrikheid van vergifnis, hoe “reuse” ons perspektief kan verduister en hoe die seer en teleurstellings van die verlede ons kan terughou om voluit te lewe. Grace for Life strek oor 5 weke en word drie keer per jaar aangebied.
GRIEF SHARE
Grief Share is ‘n ondersteuningsgroep waarby ons mense help wat ‘n naasbestaande aan die dood afgestaan het. By Grief Share gaan jy saam met ander mense ‘n pad stap wat deur dieselfde hartseer worstel. Met hierdie unieke ondersteuningsgroep wil ons seker maak dat jy nie alleen deur die moeilikste tyd van jou lewe gaan nie.
DIVORCE CARE
In hierdie proses word gefokusde ondersteuning gegee vir mense wat geskei is, of deur ‘n egskeiding gaan. Dit is so belangrik om nie alleen deur sulke moeilike tye te gaan nie en ons wil jou aanmoedig om in te skakel by hierdie proses, indien dit vir jou van toepassing is.
Vir navrae aangaande die Life Centre, kontak gerus vir Erika by 012 808 9950 of by die Life Centre.
NASIONALE NOODNOMMERS VIR VERSKEIE BEHOEFTES:
- Telefriend (Ellel Ministries) 086 106 310 (08:00-21:00)
- National Counselling Line (Life Line) 0861 322 322 (24 uur)
- Child Line 0800 055 555
- Women Abuse 0800 150 150
- Narcotics Anonymous 083 900 6962