GROEPLEWE
WAAROM GROEPE?
Afgesien van ‘n verhouding met God, is die mens se grootste behoefte na betekenisvolle verhoudings met ander mense. Kerklewe (Christenskap) is veel meer as net Sondag dienste. Groepe is ‘n kern deel van die ratwerk van ons gemeente. Dis n plek waar jy geestelik groei, jou verhoudings verdiep en lewens prakties gevorm word deur die woord, versorging en bediening. In hierdie weeklikse ontmoetings word mense gesien, ondersteun en toegerus om hul roeping uit te leef. Daar is groepe vir volwassenes, jong volwassenes, studente en tieners — elkeen ’n lewende gemeenskap waar ons die lewe saam doen.
DISSIPELSKAPGROEPE
Kleingroepe kom bymekaar om saam te gesels oor die Woord, tyd te spandeer in “fellowship” en saam te bid. Ons het reeds aktiewe groepe waar lewens weekliks verander. Ons vestig ook gereeld nuwe groepe om ruimte te skep dat mense gereeld en gemaklik ingeskakel kan word.
Ons het tans spesifike groepe vir volwasses, jong volwassenes en tieners.
Klik hier om ‘n vorm in te vul of kontak:
Volwassenes:
[email protected]
BELANGEGROEPE
Belangegroepe vorm deel van ons Groeplewe en is ‘n spontane groepering van mense met gemeenskaplike belange. Ons begeer dat elke persoon in ons gemeente deel sal wees van so ‘n vriendekring. Hier is die verskeie groepe waar jy kan inskakel:
- Wheels of Honour – motorfietse
- Paradise Hikers – stapgroep
Sien jy nie die belangegroep waarin jy belangstel nie? Nou het jy die geleentheid om een te begin en ‘n City Changer te wees!
Om ‘n nuwe groep te begin of deel te raak van ‘n bestaande groep, kontak [email protected]
JAARGROEPE
Doxa Deo wil graag ons vennote inspireer en toerus oppad na volwassenheid in Christus. Ons hart is dat elke persoon nie net betekenisvolle verhoudings sal hê nie maar ook dat hulle geestelik sal groei. Klik hier vir ‘n lys van ons jaarprosesse waar jy kan inskakel.