Wat is IMPAK?

Omdat Jesus elke mens in die Tuinroete liefhet en wil deel maak van Sy Familie en Sy Missie, stuur Hy sy volgelinge, en dit sluit jou in, om geloof na ons omgewing toe te neem. Jesus self roep mense om Hom te volg. Een van die grootste vreugdes in die lewe is om te ontdek hoe die Here jou gebruik om juis dit te doen. Impak is ‘n geleentheid vir jou om hierdie roeping uit te leef.

Hoe word ek deel?

Deur deel te neem aan en mense te nooi na gesprekke oor die sin van die lewe en geloof. Vir 6 weke gaan ons gespreksgeleenthede skep waar mense saam gaan kuier, na ‘n Alpha-video gaan kyk wat ‘n gesprek inlei oor die sin van die lewe en geloof, en waar elkeen dan net hulle opinie kan deel. Jy gaan nie iemand hoef te probeer oortuig nie. Jy kan net mense nooi en deel neem op ‘n eerlike manier en die Here sal doen wat net Hy kan doen: Mense roep en oortuig.
Vir ons vennote sal die boodskap tydens Sondae se feesdienste en die dagstukkies deur die week verdere lering gee oor die week se tema. Ons doen dit alles in vertroue dat die Here ons gebruik om ‘n Impak te maak vir sy koninkryk hier in die Tuinroete.

Vir meer Inligting:

BERNARD BADENHORST

Sel: 0824127339

Vir enige ander kommunikasie, kontak gerus vir Bernard Badenhorst: [email protected]

Praat met Ons