Groeplewe

Afgesien van ‘n verhouding met God, is die mens se grootste behoefte betekenisvolle verhoudings met ander mense. Kerklewe (Christenskap) is veel meer as net Sondagdienste. Volwassenes in ons gemeente word primêr bedien en versorg in klein, informele groepe, waar vriendskappe en verhoudings kan groei en floreer.

Verskeie Groepe

Selgroepe kom bymekaar om saam te gesels oor die Woord, tyd te spandeer in “fellowship” en saam te bid. Ons het reeds aktiewe groepe waar lewens weekliks geraak word. Ons vestig ook gereeld nuwe groepe om ruimte te skep dat mense gereeld en gemaklik ingeskakel kan word.
Belangegroepe is ‘n spontane groepering van mense agv. ‘n gemeenskaplike belang met bediening en versorging as uitkomste; Aktiwiteit, verhoudings en uitreike.
Toerustingsgroepe help ons om in baie areas van ons lewe opleiding te ontvang om beter toegerus te wees om as ware City Changers te leef.
Uitreik groepe is mense wat doelgerig bymekaar kom vir ‘n spesifieke uitreik en dit bou ook verhouding.

Kontak Informasie

GROEPLEWE

Rian Nel
084 838 3026

Vir enige ander kommunikasie kontak vir Lizelle Gouws: [email protected]

Praat met Ons