Life Centre

Die fokus van ons Life Centre is om mense te versorg in elke area van hul lewe. Ons doel is om ons vennote (lidmate) asook mense buite die gemeente te bedien, en dus ‘n impak in ons omgewing te hê.

Ons bied die volgende dienste aan :

Soul Care

  • Hierdie is nie tradisionele berading nie, maar eerder begeleiding na heelheid in verhouding met die Here. Ons stel fasiliteerders beskikbaar om persone hierin te ondersteun.

  • Berading/Ondersteuning word aanbeveel wanneer een-tot-een gesprek nodig is. Life Groups (Selgroepe) is steeds ons primêre lyn van versorging.

Divorce Care 

  • Hierdie bediening is gerig tot persone wat deur ‘n egskeiding gaan. Dit behels gesprekke asook kursusse wat ten doel het om sulke persone by te staan.
  • Vir meer informasie, kontak Leezélle Kotzé 082 926 7434

Hospitaal Bediening & Frail Care

  • In tye van nood, is ons as gelowiges geroep om met deernis te dien. Hierdie bediening doen hospitaal besoek aan die wie hoop en gebed nodig het.
  • Ons gaan ook bedien by Nightingale Frail Care.
  • vir meer informasie, of om deel te raak van hierdie bediening, kontak Suegnet Smit: 082 553 2566

Praat met Ons