Doxa deo kids

Welkom by Doxa Deo Kids
Jesus self het gesê in Markus 10:14: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.”
Mag hierdie die begin wees van ‘n lewenslange reis van groei om die mens te word wat God jou kind geroep het om te wees. Hier by Doxa Deo Kids glo ons daarin om “City Changers” groot te maak. Ons lei kinders om God te leer ken deur Sy woord aan hulle bekend te maak. Ook dat God ‘n plan het met elkeen van hulle lewens. Ons leer ook ons kinders om almal lief te hê, want God het ons eerste lief gehad. Mag jy saam met ons ervaar hoe ons kinders groei en uiteindelik “City Changers” word wat naby aan die Here leef.

“You’ll be known as those who can fix anything, restore old ruins, 
rebuild and renovate, make the community liveable again.” Markus 10:14

 

BEDIENINGSGROEPE

 

Bediening vind elke Sondag, tydens albei die dienste aan die volgende groepe plaas:

Voorskool klas: 3 – 7 jaar 
Grade groep: 8 – 10 jaar 

Pre-Teen groep: 11 – 13 jaar
 
KOM LEEF JOU PASSIE UIT

By die kinderbediening bied ons ook geleenthede aan mense met ‘n passie vir kinders om een  tot twee keer per maand hulle lewens te kom deel as aanbieder of as kleingroepleier.

Praat met Ons