FUSION
Fusion is ‘n plek vir alle hoërskool tieners waar hulle hulself kan kom geniet en saam met vriende meer kan kom leeroor wat God se plan vir elkeen is. By Fusion sal die aanbidding, Woord en die atmosfeer jou inspireer.Ons weet dat ‘n tiener se lewe gepaard gaan met baie veranderinge en onsekerheid maar ons glo dat ‘n vaste identitiet in Jesus Christus ons kan help om hierdie veranderinge in die oë te kyk en ook so te kan oorwin…
Now to Him who is able to do far more abundantly beyond all that we ask or think, according to the power that works within us
Ephesians 3.20
As jy tussen die ouderdomme van 13 en 18 is, is Fusion net die plek vir jou waar jy gaan tuis voel met ander tieners wat saam Jesus volg.
Ons vertrou die Here om te sien dat jong mense in hul roeping staan en hierdie stad verander deur hul invloed. Mag die jeug veroorsaak dat ons stad verander na ‘n plek waar God se heerskappy orals sigbaar is.
Ons het Fusion Word Sondae oggende tydens die 08:30 diens en Fusion @Night Vrydae om 18:00 waar jy kan in skakel.