BEDIENINGE
Ontdek ons bedieninge wat jou help om in geloof te groei, gemeenskap te bou en uit te reik, sodat jy geestelik kan floreer en ’n positiewe verskil in die wêreld kan maak.
GroepLewe
Kerklewe is veel meer as Sondagdienste. Volwassenes in ons gemeente word primêr bedien en versorg in kleiner groepe, waar vriendskappe kan groei en floreer
LIFE CENTRE
Die fokus van ons Life Centre is om mense te versorg in elke area van hul lewe. Ons doel is om ons vennote (lidmate) asook mense buite die gemeente te bedien.
KIDS
Hier by Doxa Deo Kids glo ons daarin om “City Changers” groot te maak. Ons lei kinders om God te leer ken deur Sy woord aan hulle bekend te maak.
TIENERS
Fusion is ‘n plek vir alle hoërskool tieners waar hulle hulself kan kom geniet en saam met vriende meer kan kom leeroor wat God se plan vir elkeen is.
YA
Die Jong Volwassenes is ‘n lekker groep vriende wat geniet om sosiaal en geestelik te kuier. Daar is ook verskeie life groups om by in te skakel.
MANNE
Ons skep gereeld geleenthede vir manne om deur die woord en vriendskappe te ontdek wat die grootheid van God se storie in ons lewe kan wees.
VROUE
Dit is ons begeerte dat elke vrou sal besef dat die Here jou koester en baie lief het; en dat jy geestelik sal groei terwyl ons saam vriendskap en vreugde sal beleef.
Aanbidding
Ons glo dat ons aanbiddingsbelewenis saam met die kunste in al sy uitdrukkings, ‘n lewensveranderende impak in ons stad kan maak.
Dissipelskap
Doxa Deo wil graag ons vennote toerus oppad na volwassenheid in Christus. Die doel van elke kursus, is dat transformasie op vele vlakke plaasvind.
BESIGHEID
Ons skep graag geleenthede waar mense in besigheid bedien en toegerus kan word, soos ‘n besigheidsontbyt en die LifeWork Leadership kursus.
popup
The People Upliftment Programme (POPUP) is an organization founded by Doxa Deo whose primary focus is skills development.
Huis Thembiso
“House of Thembiso (Promise in Xhosa) is a Place of Safety or Halfway Home for babies up to the age of 24 months.
Tree
TREE is ‘n akroniem vir Transforming Educational Environments. ‘n Gesonde skool gee vir ons ‘n gesonde gemeenskap en ‘n gesonde toekoms.
Kindertoewyding
Kindertoewyding is ‘n spesiale geleentheid waar ons tydens die diens saam met die ouers vir hul kind bid. Kontak ons indien jy graag jou kind wil laat toewy.
Doop
Ons het gereelde inligtingsessies waar jy meer kan uitvind oor die doop. Hou ons kalender dop of kontak ons idien jy graag gedoop wil word.