Meer Oor

Kampus

Roodevallei

WAT LEEF IN DIE HART
VAN DOXA DEO

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus op die toerusting en oprigting van ons mense sodat hulle agente van positiewe verandering kan wees in hulle wêreld. Ons noem hulle ‘ City Changers’ wat hulle God ken en Mense liefhet en hulle Wêreld impakteer met die waarheid van Jesus. (Knowing God, Loving People, Impacting my World)

Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes te neem na elke sektor van die samelewing. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie sektore sigbaar word.

Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!!!

Waar en Wanneer

AANBIEDINGSTAAL

Afrikaans

AANLYN KERK | Sien ons YouTube kanaal / Sien “Kyk Aanlyn” knoppie

Hoe word ek deel?

Hoekom Vennootskap?

Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om eerder in te skakel by die verhoudings, aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus, bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korinthiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.

Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd, energie en finansies die Here se koninkryk vestig oral waar ons funksioneer.

Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.

Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus sterk te maak.

Belegging:
Ons wend ons finansiële vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.

Hoe word ek 'n Vennoot?

Kontak gerus die kampus waar jy wil inskakel en skakel in by ons Nuwe Vennote proses. Daarna neem ons jou graag na ons dissipelskapprosesse sodat jy jou plek in die liggaam van Jesus kan vind. Sodoende kan jy jou roeping saam met ons uitleef.

Kontak Chantelle Featherstone

+27 12 111 7328
of [email protected]
om in te skakel.

Oor Ons Personeel

Kerk is soveel meer as ‘n diens oor ‘n naweek. Vir ons is dit oor ‘n verbinding met ander mense, groei in jou geloof en die bou van ‘n sterk fondasie vir jou gesin. Die missie van elke personeellid by Doxa Deo is om te sien hoe elke mens wat in Jesus glo, deel uitmaak van ‘n gesin, besig om dissipels te maak en te bou aan God se Koninkryk.

Ons Span

Carlos Coveiro

Kampus Pastor & Noord-Sirkel Leier

Simoné Coveiro

Cherish Leier

Henning Kriel

Bedieningsleier

Karl Buitendag

Aanbiddingsleier

Chantelle Featherstone

Noord Sirkel Sekretaresse

Reuben Naudé

Fusion Leier

Praat met Ons