WORD

Toegerus

OM VERANDERING IN JOU OMGEWING TE BRING

Doxa Deo wil graag ons vennote inspireer en toerus oppad na volwassenheid in Christus. Die uiteindelike doel van alle opleidingsgeleenthede is dat transformasie op vele vlakke sal plaasvind.  Mag vennote gevolglik die kwaliteitslewe ervaar wat God vir hulle beoog het toe Hy in Genesis 1:26 gesê het: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers…” Dit word ook bevestig deur die woorde van Jesus toe Hy in Johannes 10:10 gesê het: “…Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

City Changers Equipping Program

CCEP is ‘n 2-jaar seisoen van persoonlike groei. Dit bemagtig jou as “City Changer” om die uitkomste van Doxa Deo se Dissipelskapsproses te ontdek en toe te pas. Deur CCEP sal jy toegerus word om doeltreffend betrokke te kan wees in die verskeie bedieningsprosesse en leierskapstrukture van jou Doxa Deo Kampus of plaaslike kerk.

CCEP word by verskeie Doxa Deo kampusse aangebied. Ons is deel van ‘n groepering kampusse wat dit by Kameeldrift Kampus bywoon waar dit in Afrikaans aangebied word.

Besoek gerus die webblad vir meer inligting: doxadeo.org/cci/

Praat met Ons