ONS
HART
Doxa Deo funksioneer as ÉÉN KERK in ’n stad met ’n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus daarop om mense toe te rus en groot te maak as agente van positiewe verandering in hul wêreld – Stad Veranderaars wat God Ken, Mense Liefhet en Hul Wêreld Raak.
Ons het ’n missie om elke sektor van die samelewing positief te beïnvloed met die waardes en doelstellings van Jesus. Ons glo dat kerk, onderwys, maatskaplike dienste, besigheid, media, kuns, sport en burgerlike samelewing sal floreer wanneer die lewensgewende waardes van Jesus Christus in hierdie areas toegepas word.
ONS
GELOOF
VERKLARING VAN GELOOF
Wanneer jy op soek is na ’n nuwe kerk, is dit noodsaaklik om te verstaan wat Doxa Deo glo. Ons weet dat hierdie inligting jou as ’n nuwe besoeker sal help om ’n besluit te neem om deel te word van die Doxa Deo-familie.
WORD 'N
VENNOOT
Dit is vir ons belangrik dat mense beweeg van bloot bywoon van ons kerkbyeenkomste, na werklike betrokkenheid in verhoudings, aktiwiteite en die missie van ons kerk.
Vennootskap impliseer dat ons ons tyd, talente en skatte gebruik om die Koninkryk van God te bou oral waar ons funksioneer en leef.
Tyd: Ons bestuur ons tyd goed deur Kerklewe te prioritiseer
Talente: Ons gebruik ons unieke talente en gawes om die liggaam van Christus te bou.
Skatte: Ons belê ons geld en hulpbronne om die Kerk van Jesus Christus te bou.
Kontak ons gerus om by ons Nuwe Vennote-proses aan te sluit. Maak seker jy skakel daarna in by ons dissipelskapprogramme. Ons gebed is dat jy jou plek sal vind en jou roeping in die liggaam van Christus sal vervul.
ONS
SPAN
JANNIE VAN NIEKERK
Kampusleier
Sandra van niekerk
Cherish-vroue
Marlize Kriel
Ondersteuning vir kampusleiers
henning kriel
bedieningsleier
natasha macdonald
kampusbestuurder
jd mostert
jeugpastor
jonathan fenske
aanbiddingsleier
carla buys
kids-leier
rowen wagener
grafiese ontwerp
/videograaf
Irene Pienaar
LifeCentre
/bemoedigers
marcelle duvenhage
jeugwerker
jaco wagner
jeugwerker
Anneri Engelbrecht
jeugwerker
Carmen Janse van Rensburg
jeugwerker
Liza Kruger
jeugwerker
Karenien Schoultz
Ontvangs & ondersteuning
God se Transformerende Teenwoordigheid in Stede regoor die Wêreld