aanbidding
By Doxa Deo Moot glo ons dat aanbidding, saam met die kreatiewe uitdrukkings van die kunste, ’n lewensveranderende impak in ons stad kan maak. Ons begeerte is om God te aanbid in Gees en in Waarheid, en daarom lei en fasiliteer ons aanbiddingspan met hulle gawes en talente tydens feesdienste en ander spesiale geleenthede.
Ons oefen Donderdagaande van 18:30 tot 21:30. Hierdie tye is nie net vir musikale voorbereiding nie, maar ook ’n geleentheid om verhoudings te bou. So skep ons ruimte vir God om ons te vorm en toe te rus vir Sondae se dienste.