By Fusion Youth is dit ons diepste begeerte dat elke tiener wat deel word van ons, ʼn kragtige ontmoeting met God sal hê. Soos ons naam aandui, streef ons daarna om tieners te help om met God te bind en ʼn lewensveranderende verhouding met Hom te bou.
Ons is passievol oor ons skole en oor alles wat Sondagaande om 19:00 by Fusion gebeur. Hierdie is ʼn ruimte waar tieners kan groei, vrae kan vra en die waarheid oor God en hul unieke rol in Sy plan kan ontdek.
Ons gesels oor belangrike vrae soos: Wie is God? Wie is Hy in jou? En hoe kan Hy die wêreld deur jou impakteer? Fusion Youth is die volgende generasie van leiers en gelowiges wat opstaan om ʼn blywende verskil in hul gemeenskappe en verder te maak.
Kom wees deel van ʼn beweging wat jou lewe en die wêreld om jou kan verander!
Wil jy meer weet?
Vir enige ander kommunikasie kontak ons by: [email protected]