Welkom by Doxa Deo Linden Kampus

Doxa Deo Linden Kampus, saam met al die ander Doxa Deo kampusse, droom daaroor dat ons stad getransformeer sal word na ‘n plek waar God regeer.  By Doxa Deo glo ons dat elke persoon wat deel vorm van ons kampus, geroep is om nie net ‘n vennoot van Doxa Deo te wees nie, maar ‘n verskil in hulle wêreld sal maak.

Tyd & Plek

Oggend Diens: 09:00
44 5th St, Linden, Johannesburg, 2195

Sondag Dienste

Kom net soos jy is, oud en jonk. Ons verkondig Christus en Hom as gekruisigde, aanbid met alles in ons, doen die lewe saam en geniet elke oomblik daarvan.

Demografie

Maak nie saak watse seisoen van jou lewe jy in is nie, ons het n plek vir jou.

Wat Om Te Verwag

Ons is ‘n gemeente waar Volwassenes, Tieners en Kinders met volle oorgawe ontdek wie ons in God is en waaroor die lewe werklik gaan.  Ons is ‘n gemeente wat graag met mekaar die lewe deel, daarom is dit ook belangrik om by ‘n groep in te skakel.  Ons het ‘n passie vir God, ‘n passie om te sien hoe God in en deur mense werk en ons het ‘n passie vir hierdie mooi stad. Ons is hier om jou uit te daag om te ontdek wat Christus deur jou in hierdie stad kan doen.

Vennootskap

Hoe word ek 'n vennoot van Linden Kampus?

Dit is vir ons belangrik dat jy nie net ‘n gereelde besoeker sal wees by Linden Kampus nie, maar dat jy deel sal word van die gemeente en jou plek in die liggaam van Christus sal vind.

Hoekom Vennootskap?

Vennootskap sê dat jy nie net belang by die Kerk het nie, maar dat jy aktief betrokke is deur jou tyd, talente en hulpbronne te gebruik . Ons verwys dus na lidmaatskap as Vennootskap. Doxa Deo, as een van die uitdrukkings van God se Kerk in Johannesburg, en begeer om met jou in Vennootskap te tree.

Personeel

Kampus Personeel


Corné Montgomery

Dewaldt & Suzelle de Kock

Henrihet & Henk Roodt

Alicia Koen

AJ & Danielle Kruger