Fusion

George se tienerbediening fokus op hoërskool leerders. Ons weet die ouderdom van 13 tot 18 is waar baie emosionele en fisiese groei plaas vind, maar dit is ook ‘n tyd waar baie geestelike groei plaasvind. Ons weet daarom dat daar ‘n verantwoordelikheid onder elkeen van ons is om tieners te help op hierdie reis waar hulle nie net hulself nie, maar God ook leer ken.

Ons doen dit deur eerstens ‘n byeenkoms op Sondag oggende te hou waarheen tieners wil kom. Met goeie musiek, lekker koffie en mense, ‘n atmosfeer  waar tieners geniet om heen te kom.

Ons wil graag tieners help om ‘n liefde vir Jesus en die bybel te ontdek, maar ook dat al die boodskappe werklik van toepassing sal wees op ons tieners se lewens.
Ons het ook weeklikse kleingroepe. Ons het goeie leiers wat ‘n werklike liefde het vir tieners het en ‘n passie om die volgende generasie te sien wen. In hierdie groepe word daar spasie gemaak vir jong mense om vrae te vra, en saam te leer

Kontak Informasie

Rian Celliers

Vir enige ander kommunikasie kontak vir Rian Celliers: [email protected]