Kids
Doxa Deo Kids is ons bediening vir kinders 1-12 jaar.
By Fichardtpark kampus het ons tans slegs `n Afrikaanse kinderbediening tydens die Afrikaanse oggend diens van 9:00 – 10:30.
Ons verskillende bedienings groepe kom elk in hulle eie lokaal bymekaar op `n Sondag:
- 1 - 3 jaar
- 4 - 6 jaar
- 7 - 9 jaar
- 10 - 12 jaar
Ons poog om elke Sondag `n pret ontdekkings ervaring te maak vir kinders waar hulle die waarhede van die Bybel kan ervaar, toepas en kan leer om hulle unieke gawes uit te leef binne hulle kerk familie. Elke kind se behoeftes en veiligheid is vir ons `n prioriteit. Daarom is ons span deur `n streng goedkeuringsproses geplaas en bied ons voordurende opleiding. Ons registrasie proses op `n Sondag oggend is ook so aanmekaar gesit dat kinders se veiligheid verseker word.
Ons Span
Ons span is nie net goed opgelei nie, maar beskou kinderbediening as hulle passie en roeping binne ons kerk familie.
Ons verhouding en venootskap met ouers is veral vir ons belangrik. Maak asb `n punt daarvan om jou kind se kleingroepleier en ander spanlede te leerken.
Volg gerus hierdie skakel om deel te raak van ons ouer inligtingsgroep waar ons jou op hoogte hou van waarmee ons met die kinders besig is, sodat julle by die huis die gesprek kan voortsit.
Indien kinderbediening ook jou passie is of jy as ouer graag betrokke wil wees van ons
kinderbedieningspan kontak gerus [email protected]