SoulCare

Wat is SoulCare?

SoulCare is ‘n unieke bediening vir innerlike genesing en bevryding. Die bediening is daarop gemik om by die wortel uit te kom van dit wat jou dalk kan verhinder om in ‘n intieme verhouding met Vader, Seun en Heilige Gees te leef. Wanneer daardie verhouding herstel is, kan jy die doel waarvoor jy geroep en geskape is, ten volle begin uitleef. SoulCare is nie ‘n beradingsessie nie, maar ‘n tyd van interaksie met Vader, Seun en Heilige Gees ter wille van heelheid en vryheid.

Plaaslik kan navrae gerig word aan: [email protected]

Ons Proses

  1. Laai hier ‘n inskrywingsvorm af en stuur dit na [email protected] of vul hier ‘n vorm op ons webwerf in.
  2. Nadat ons jou vorm ontvang het stel ons vir jou ‘n afspraak op per epos.

Praat met Ons