Projekte
Ons is opgewonde om saam met jou ‘n verskil te maak in die koninkryk. Die projekte, uitreike en inisiatiewe op hierdie blad bied vir jou praktiese opsies, vir groter impak in mense se lewens! Bid en vertrou ook saam met ons dat elkeen van hierdie projekte ‘n storie van Sy heerlikheid sal vertel.
Projekte
Skolebediening (Tree)
TREE (Transforming Educational Environments) is ‘n inisiatief wat fokus op die transformasie van opvoedkundige omgewings deur gesonde skoolgemeenskappe te skep. Dit ondersteun onderwysers, skoolleiers en leerlinge, en is gebaseer op Bybelse beginsels wat identiteit, karakter en moraliteit aanspreek.
Ons behoefte is om meer intensief by sewe skole te dien, insluitend, Afrikaans Seuns Hoër, Afrikaans Meisies Hoër, Hoërskool Menlo Park, Lynnwood Laerskool, Laerskool Pretoria-Oos en Anton van Wouw. Vyf ekstra jeugwerkers sal 1500 kinders en onderwysers weekliks bedien, en ons wil kwartaal-aanbiddingsaande uitbrei.
Jou finansiële bydrae, wat vir ‘n Artikel 18A sertifikaat kwalifiseer, en jou deelname by die skole se gebed ouers kan help om die skoolklimaat positief te beïnvloed. Word deel van hierdie sending om ‘n verskil te maak
Kontak [email protected]
Lifting dreams
“Lifting Dreams” is ‘n geregistreerde liefdadigheidsorganisasie wat gemeenskappe oplig deur onderwys en voedingskemas vir kinders, veral in minderbevoorregte gebiede soos Mamelodi en Soweto. Hulle fokus op weeklikse akademiese programme om kinders te help slaag.
Ons beplan om 60 sakke voedsel per jaar te verskaf in Mamelodi, om 30,000 maaltye te voorsien vir kinders in Mamelodi, met elke porsie 50g. ‘n Artikel 18A sertifikaat is beskikbaar.
Kontak [email protected]
Kosprojek
Ons kosprojek is ons versorgingsprogram vir vennote wat deur korttermyn finansiële uitdagings gaan. Ons verskaf vir die gesinne ‘n kos voucher & gebedsondersteuning.
Jy as vennoot kan betrokke raak deur ‘n eenmalige of maandelikse finansiële bydrae te maak.
Kontak [email protected]
Berading
Daar is baie situasies in die lewe wat die wind uit ons seile slaan. Die Life Centre bied gespesialiseerde en gefokusde areas van bediening aan. Ons wil graag vennote help wat nie finansieël instaat is om self die kostes te dra van beradings hulp nie.
Kontak [email protected]
Kinderhuise
Doxa Deo versorg omtrent 80 kinders in verskeie kinderhuise in samewerking met Umephi, die AGS se welsyn organisasie. Ons benodig ongeveer R6000 per maand per kind en dan help ons hulle met werk of studie opsies na skool. Elke winter wil ons hulle help met winter skoolklere en ‘n sweetpak.
Kontak [email protected]
Polisie
Die Brooklyn polisiestasie is al vir ‘n hele tyd op ons hart vir die bemoediging wat hulle personeel benodig en om hulle te help met praktiese probleme in die geboue en die tuine. Mense kan weekliks met personeel en selfs gevangenis gaan kuier.
Ons kan tuindienste, loodgieter en elektriese dienste ook lewer soos benodig. Soms wil ons hulle bederf met geskenkies en op verjaarsdae hulle waardeer. Ons grootste volgende behoefte is om hulle parkering en tuine mooi te gaan maak.
Kontak [email protected] indien jy wil deel neem.
PopUp
POPUP stap ‘n werkskepping pad met jong volwassenes in die “NEETs” definisie. Ons bemagtig hulle eers met ‘n Woord-gegronde drie-week lewensvaardigheidsprogram, gevolg deur sagte-, tegniese- en/of entrepreneurskap-opleiding om hulle ekonomies aktief te maak. Sluit by ons aan deur leerlingskap, ED/SD-befondsing of ‘n donasie met ’n Art 18A-sertifikaat.
Elke student wat opgelei is het ‘n internskap nodig.
Kontak: Jani Bravenboer – 078 707 8792 of [email protected]
Metamorpho
Metamorpho en POPUP (People Upliftment Program) loop hand-in-hand. Hierdie jaar is Metamorpho besig om POPUP se infrastruktuur te dien deur verskeie projekte aan te pak. Dit is onderandere op heinings te herstel, ‘n huis in ‘n kantoor omskep, en nog ander klein projekte op die POPUP perseel. Hierdie projekte se koste beraming is sowat R70 000,00. Wees deel van studente se ervaring om mense se lewens te verryk.
Kontak [email protected]
Karwagte en Werkers
Ons waardeer ons karwagte en werkers deur hulle te bederf met ‘n klerebewys (8 x 1000).
Kontak [email protected]
Raak betrokke
Ons wil individue mobiliseer om deel te word van die volgende uitreike:
Cherished Baby
Elke baba verdien ’n warm omhelsing, sorg en ’n kans op ’n blink toekoms. Cherish Baby reik uit na babahuise en hul ongelooflike huis mammas en personeel—diegene wat met liefde en opoffering hierdie kleintjies versorg. Met hulpbronne, ondersteuning en tyd bring ons hoop en bemoediging. Jou betrokkenheid maak ’n verskil.
[email protected]
Kinderhuise
Daar is ‘n geleentheid vir mense om ‘n pad te stap met een kindjie tot hulle klaar is met skool. Kontak [email protected] vir meer informasie.
[email protected]
Lifting Dreams
Ons tutor elke Saterdagoggend tussen 100-200 kinders in Mamelodi en Eersterus.
[email protected]
Tree
TREE, Transforming Educational Environments vat hierdie kwartaal saam met jou hande om te bid vir ons skole. Jy kan aansluit by ons gebedsgroepe.
[email protected]
Red Frogs
Red Frogs is vir jou ‘n geleentheid om jou vriende en studente te bereik met die evangelie. Ons gaan elke tweede Vrydagaand na die strip en bedien studente daar.
[email protected]
Bankbesonderhede
Doxa Deo Brooklyn
ABSA Hatfield
Rek no: 407 405 79 52
Tak kode: 632 005
Betalings verwysing: Bv Kinderhuise (jou naam en van)