Ons
Projekte
Polisie
Doxa Deo reik gereeld uit na ons polisie magte en ons is spesifiek betrokke by die Brooklyn polisiestasie. Daar is geleentheid om elke week ‘n Bybel-parade van ongeveer vyf minute te doen. Ons word ook gereeld genooi om die algemene parade wat maandeliks gebeur toe te spreek. Die groter behoefte is om die personeel te ondersteun wat deur moeilike tye gaan. Ons koop ook jaarliks vir die personeel, van twee honderd en vyftig, ‘n geskenkie om hulle te herhinner dat ons vir hulle bid.
Kontak gerus vir [email protected] vir moontlike betrokkenheid.
Merk betaling “Polisie”
Kinderhuise
Doxa Deo het verskeie kinderhuise in Tswhane sowel as in ander stede. Ons glo ons kan ‘n verskil in elke kind se lewe maak wat in ons huise geplaas word.
By Brooklyn Kampus is ons direk betrokke by Doxa Deo Makhulong en Victory Kidz.
Ons is ook betrokke by Bramley Kinderhuis.
Vir meer inligting of indien jy betrokke wil raak kan jy Adri Stroebel kontak by [email protected]
Doxa Deo Kinderhuise in Tswhane en kampus verantwoordelik vir bestuur daarvan.
Heneka Heaven –Faerie Glen Kampus
Huis Lesedi – Hartebeespoort Kampus
Ki Deo – Midstream Kampus
Makhulong – Kameeldrift Kampus
Victory Kidz – Moot Kampus
Merk betaling “Kinderhuise”
Jeugwerker fonds
Ons jeugwerkers is betrokke by twaalf skole in ons omgewing waar ons ongeveer ‘n duisend onderwysers en tien duisend kinders bedien. Dit sluit ook ons Jeugbediening by die kerk in. ‘n Artikel 18A is beskikbaar vir belasting doeleindes en word hanteer deur TREE, Transforming Educational Environments. Dit is wonderlik om te sien hoe die Here al hoe meer geleenthede vir ons gee by die skole! Jy kan so betrokke raak: 1) Gee jou tyd. 2) Gebed. 3) Finansieel.
Kontak: [email protected]
Merk betaling “Jeugwerkerfonds”
Life Centre Hulp
Vanuit die Life Centre dra ons finansieel by tot beradingsessies vir individue wat deur ‘n moeilike tyd gaan. Jy kan finansieel bydra en/of jy kan gratis sessies aanbied indien jy ‘n gekwalifiseerde berader of sielkundige is. Kontak gerus vir [email protected] hoe om betrokke te raak.
Merk betaling “Lifecentrehulp ”
Cherished Baby
Cherished Baby imparts hope to underprivileged new moms and offers kindness
and support in their moment of deepest vulnerability. Statistics show that a
vulnerable mom is most likely to abandon her baby in the first 6 days after birth.
During our hospital visits, we personally hand over a hamper of baby essentials
giving them the dignity of taking their baby home in new clothes. For many
moms this is a turning point, and they take on motherhood with fresh courage
and commitment. The aim is to affirm the value of every little baby born, no
matter the circumstances.
In lockdown, we partnered with Doctors without Borders, Motherhood (Wolmer)
and Community Support groups to hand out bags to moms in need
Kontak: [email protected]
Merk betaling “CherishedBaby”
PopUp
Droom jy oor ‘n stad wat getransformeer is, maar weet nie hoe of waar om ‘n veskil te maak nie?
POPUP is ‘n vaardigheidsontwikkeling sentrum, toegespits op die herstel, bemagtiging en toerusting van minderbevoorregde individue om ‘n impak te maak in hul wereld.
Wees deel van die transformasie in Suid Afrika waar jy jou roeping en vaardigheid kan gee. (Hyperlink opsie https://popup.co.za/beone/ )
Jy kan ook finansieel bydra tot die visie.
- CSI Funding (Sec. 18A)
- BEE Scorecard elements
Kontak:
Jani Bravenboer [email protected]
Adri Stroebel [email protected]
Jong mense tussen 14 en 25 span saam om Popup se droom en hulle visie te bedien. Indien jy sal wil saamgaan na Popup, kontak gerus vir [email protected]
Merk betaling “Popup”
Kosprojek
Ons Kosprojek is naby aan ons hart by Brooklyn. Hierdie projek is daar om mense in ons gemeenskap wat deur ‘n moeilike tyd gaan te ondersteun met kos. Dit is wonderlik om te sien hoe mense se lewens aangeraak word deur die projek. Jy kan betrokke raak deur mense te verwys na ons wat deur ‘n moeilike tyd gaan of jy kan finansieel bydra.
Kontak [email protected]
Merk betaling “HOPE”
Studente Beurse
Ons wil graag beurse beskikbaar stel vir ons Doxa Deo Teologiese studente wat deur ons “City Changers Institute” studeer. Kostes beloop R35 000 per jaar, dit sluit alle vlakke van opleiding in onderandere SATS (Teologie BTh), CCEP (Bybelskool) en “CCI Students” (Doxa Deo kerklewe).
Merk betaling “Studentebeurse”
Lifting Dreams
Lifting Dreams is ‘n projek waar ons tussen 100-200 kinders in Mamelodi tutor. Die weeklikse impak wat ons het maak nie net n verskil in die kinders se lewens nie, maar in die akademiese prestasies van die skole in die omgewing ook. Hierdie is n geleentheid vir jou om op ‘n praktiese manier ‘n verskil te maak in die opvoedkunde van ons land se kinders.
Kontak: [email protected]
Merk betaling “Liftingdreams”
RedFrogs
Red Frogs is ‘n uitreik geleentheid om werklik Jesus se hande en voete te wees by ons universiteite se sosiale aksies waar drankmisbruik ‘n groot probleem is. Red Frogs bedien by klubs, koshuis-aksies en groot studente geleenthede soos Lentedag en Jool.
R3750 (per geleentheid) x 4 geleenthede totaal R15 000
Kontak: [email protected]
Merk betaling “Redfrogs”
Bank Besonderhede
Doxa Deo Brooklyn
ABSA Hatfield
Rek no: 407 405 79 52
Tak kode: 632 005
Merk betaling per projek