Die inhoud van hierdie bladsy verteenwoordig die geloof in ons hart dat mense se lewens op ‘n diep en betekenisvolle manier geraak kan word. Ons is dankbaar vir die geleenthede wat die Here vir ons gee om Sy liefde, Sy vrygewige natuur en bedoeling met elke mens se lewe, te kan fasiliteer. Ons is opgewonde oor die behoefte in jou hart om ‘n verskil te maak in die koninkryk – deur die projekte, uitreike en inisiatiewe op hierdie blaadjie bied ons vir jou praktiese opsies. Kan ons saam vertrou vir nuwe vlakke van impak in mense se lewens!
Vir baie is ‘n paar skoene of ‘n skoon hemp net nog ‘n item in die kas. Maar vir iemand in nood kan dit die eerste stap wees na die herstel van hulle waardigheid. Hierdie jaar kan jy op n paar maniere deel wees van Street Store. Volg die skakel vir meer.
Cherished Baby
Cherish Baby: Liefde in Aksie
Elke baba verdien ’n warm omhelsing, sorg en ’n kans op ’n blink toekoms. Cherish Baby reik uit na babahuise en hul ongelooflike huis mammas en personeel—diegene wat met liefde en opoffering hierdie kleintjies versorg. Met hulpbronne, ondersteuning en tyd bring ons hoop en bemoediging. Jou betrokkenheid maak ’n verskil.
Enkelmamma
Elke dag dra enkelma’s die gewig van ouerskap met onwrikbare liefde en deursettingsvermoë. Hulle is die stille heldinne wat sonder ophou bou, koester en inspireer. Enkelmamma-dag is ’n spesiale projek wat hierdie ongelooflike vroue vereer en bederf—’n dag waar hulle kan asemhaal, gevul word met nuwe moed en ervaar hoe gesien en waardeer hulle werklik is.
Jou betrokkenheid kan ‘n wêreld se verskil maak!
Kinderhuise
Ons bring hoop na ons kinderhuise deur hulle te ondersteun met skoolklere, skryfbehoeftes, gewone klere en skoene.
PopUp
POPUP stap ‘n pad met jong volwassenes in die “NEETs” groepering deur hulle eerstens te bemagtig met ‘n Woord-gegronde drie-week lewensvaardigheidsprogram, gevolg deur sagte-, tegniese- en/of entrepreneurskap-opleiding om hulle ekonomies aktief te maak. Sluit by ons aan deur learnerships, ED/SD-befondsing of ‘n donasie met ’n Art 18A-sertifikaat, EN woon ons jaarlikse fondsinsameling op 6 Junie by. Vir meer oor die dag: KLIEK HIER
Kontak: Jani Bravenboer – 078 707 8792
Polisie
Die Brooklyn polisie stasie is al vir ‘n hele tyd op ons hart vir die bemoediging wat hulle personeel benodig en om hulle te help met praktiese probleme in die geboue en die tuine. Mense kan weekliks met personeel en selfs gevangenis gaan kuier. Ons kan tuindienste en plumming en elektriese dienste ook lewer soos benodig. Soms wil ons hulle bederf met geskenkies en op verjaarsdae hulle waardeer. Kontak [email protected] indien jy wil deel neem.
Karwagte en Brooklyn werkers
Ons waardeer ons karwagte en werkers deur hulle te bederf met kos en ‘n klerebewys.
Bankbesonderhede
Doxa Deo Brooklyn
ABSA Hatfield
Rek no: 407 405 79 52
Tak kode: 632 005
Betalings verwysing:
“Geloof”