Die inhoud van hierdie bladsy verteenwoordig die geloof in ons hart dat mense se lewens op ‘n diep en betekenisvolle manier geraak kan word. Ons is dankbaar vir die geleenthede wat die Here vir ons gee om Sy liefde, Sy vrygewige natuur en bedoeling met elke mens se lewe, te kan fasiliteer. Ons is opgewonde oor die behoefte in jou hart om ‘n verskil te maak in die koninkryk – deur die projekte, uitreike en inisiatiewe op hierdie blaadjie bied ons vir jou praktiese opsies. Kan ons saam vertrou vir nuwe vlakke van impak in mense se lewens!

Vir baie is ‘n paar skoene of ‘n skoon hemp net nog ‘n item in die kas. Maar vir iemand in nood kan dit die eerste stap wees na die herstel van hulle waardigheid. Hierdie jaar kan jy op n paar maniere deel wees van Street Store.  Volg die skakel vir meer.

Skolebediening

Ons skolebediening, TREE (Transforming Education Environments) is tans betrokke by sewe skole in ons omgewing. Ons vertrou om in 2025 meer intensioneel by hierdie skole te bedien. Om dit reg te kry het ons vyf addisionele jeugwerkers nodig, hulle sal dan 2500 kinders en onderwysers weekliks kan bedien. Ons sien die ongelooflike impak wat ‘n aanbiddingsaand een maal per kwartaal maak en ons sien uit om hierdie belewenis uit te brei na meer skole. Deur jou bydrae kan ons verder die skole se klimaat beïnvloed. (‘n Artikel 18A sertifikaat is beskikbaar)

Studente

Daar is ‘n behoefte geidentifiseer dat groot getalle studente van die omliggende area (Groenkloofkampus) nie die finansies het om elke Sondagaand by die diens te kan wees nie. Ons wil hierdie studente in staat stel om kommerloos kerk by te woon en sodoende bedien te word. Ons vertrou vir befondsing om Sondae vervoer te kan voorsien tussen die kampusse en die kerk.

Lifting Dreams

Ons onderrig elke Saterdagoggend bykans 500 kinders in Mamelodi en Eersterus. Ons sien ook ‘n leemte van kinders wat leef met wanvoeding. Ons vertrou dat ons ‘n kombuis sal kan oprig waar ons kinders deur die week sal kan kosgee en hulle so die geleentheid kan gee om te fokus op hulle onderrig.

Metamorpho

Metamorpho het hoop om transformasie van studente in die Kaap omgewing te sien. Na 27 jaar vertrou ons die Here dat ‘n Metamorpho basis in Stellenbosch gestig word. Hierdie geloof stap is deel van ons visie om transformasie onder die volgende generasie van studente te vestig. ‘n Geloofsbydrae bemagtig die volgende generasie om die avontuur van ‘n leeftyd te beleef.

Cherished Baby

Cherished Baby is ‘n projek wat ons in staat stel om mammas en babas in minder bevoorregde posisies en areas te bemagtig met die essensiële produkte vir die eerste paar weke na die baba se geboorte.

Kinderhuise

Ons bring hoop na ons kinderhuise deur hulle te ondersteun met skoolklere, skryfbehoeftes, gewone klere en skoene.

Kinderbediening

Om vir ons kinders die beste te gee vertrou ons vir die opknapping van die klaskamers en speelarea. Borg van kinderkampe en spesiale geleenthede vir kinders. Kreatiewe elemente soos gekleurde kartonne, potlode, verf en vele meer. Deur kreatief te wees, hoor ons kinders nie net van Jesus nie, maar kan hulle Hom ook op ‘n unieke manier beleef. Art 18A Sertifikaat beskikbaar.

POPUP

Ons borg POPUP studente om deur ‘n lewensvaardigheidsproses van opheffing gefasiliteer te word. Ons vertrou dat ons as kampus 58 studente se lewens hierdeur kan verander. Art 18A Sertifikaat beskikbaar.

Karwagte en Brooklyn werkers

Ons waardeer ons karwagte en werkers deur hulle te bederf met kos en ‘n klerebewys.

Berading en Terapie

Ons bemagtig mense wat deur emosionele en geestelike krisisse gaan deur middel van professionele hulp.

Kosprojek

Die projek stel ons in staat om gesinne in ons gemeenskap te bemagtig wat in ‘n minderbevoorregte posisie is of wat deur ‘n finansiële krisis gaan.

Seniors

Ons bederf en bedien die seniors en tehuise in ons gemeenskap.

 

Bankbesonderhede
Doxa Deo Brooklyn

ABSA Hatfield

Rek no: 407 405 79 52
Tak kode: 632 005
Betalings verwysing:
“Geloof”

 

Praat met Ons