Hulpbronne

Ons is Verloof! Wat nou?

Kom kuier saam met ander verloofdes aanlyn waar elke paartjie mekaar beter leer ken voor die groot dag.

Getrou

’n 6 maande huweliksbeleggings proses vir getroude paartjies van alle lewensfases. 

Huwelik Berading

Ons het ‘n netwerk van spesialiste wat hulle dienste aanbied. Dit sluit in terapeute, sielkundiges en ander spesialiste. 

Huweliksberading asook verhoudingskommunikasie begeleiding.

Kontak: [email protected]

Preparation for parenting 

“Preparation for Parenting” is ‘n kursus wat nuwe ouers toerus om die eerste 5 maande van hulle nuwe bondeltjie te oorleef met gerustheid, bevoegdheid en vreugde.

“Preparation for Parenting” hanteer begrippe soos:

  • Hoe sien God die gesin?
  • Hoe beskerm en versterk nuwe ouers hul huwelik?
  • Voeding
  • Slaap
  • Roetines
  • Ontwikkelingsmylpale
  • Moontlike probleemareas (koliek, NICU, meerlinge ens)

Die kursus gee praktiese riglyne en help ook om realistiese verwagtinge te skep.

Hou ons kalender dop vir die volgende geleentheid – 7 Mei- 4 Junie.

Geskei wat nou?

Wanneer ons storms van die lewe soos ‘n gebroke verhouding of egskeiding ervaar het ons soms toepaslike ondersteuning nodig om emosionele seer te verwerk of net weer perspektief te kry.  Die kursus is spesiaal saamgestel om persone wat ‘n gebroke verhouding of egskeiding ervaar het die geleentheid te gee om uit hulle ervarings te kan leer en ‘n beter persoon te word. Elkeen in die groep word uitgedaag en ondersteun in ‘n veilige omgewing om uit te vind waar hulle aanpassings kan maak om nuwe uitdagende omstandighede beter te kan hanteer.

Hou ons kalender dop vir die volgende geleentheid – Begin 29  April

Verlies van ‘n Geliefde

Indien jy onlangs ‘n geliefde aan die dood afgestaan het, wil ons jou uitnooi om “Navigate your Grief” saam met ons by te woon. Hierdie kursus is ‘n 7 weke ondersteuningsproses wat fokus op die volgende:

  • Hoe om ‘n rouproses van die verwerking van herinneringe, verliese en emosies so te navigeer dat jy kan leer en groei uit die onvermydelike smarte van die verlede.
  • Hoe om met die werklikheid van die ontwrigting van die verlies en die aanpassing by nuwe uitdagende omstandighede, saam te leef
Hou ons kalender dop vir die volgende geleentheid in die derde kwartaal.

Becoming a lady & Training for reigning 

Hierdie prosesse is spesifiek ontwerp om pa’s en hul volwasse kinders te help om vaste fondamente te lê vir die volgende fase van hul verhouding. Pa, in hierdie seisoen word jou kind ‘n tiener. Hierdie veranderinge vereis ‘n nuwe benadering en vars perspektiewe rakende jou verhouding in die komende seisoen.

Die verhouding tussen ‘n pa en sy kinders vorm ‘n hoeksteen vanwaar hulle verskeie belangrike aspekte van die lewe sal benader, daarom glo ons dat hierdie kursus jou sal bemagtig, inspireer en in staat sal stel om in verhouding te groei en te floreer!

Hou ons kalender dop vir die volgende geleentheid.

Dating redefined

Dating redefined is ‘n verhoudingskurses om by God se hart en perspektief uit te kom vir verhoudings. Dat ons nie verhoudings doen soos die werêld nie. God begeer dat ons Sy liefde kan deel met iemand en verhouding doen wat lewe en liefde verteenwoordigheid.

Hou ons kalender dop vir die volgende geleentheid.

soulcare

SoulCare is nie ‘n beradingsessie nie. Dit is ‘n gefasiliteerde tyd van interaksie tussen ‘n individu en God (Vader, Seun en Heilige Gees). Die gefokusde uitkoms van die SoulCare sessie is om vryheid en restorasie te beleef. SoulCare is om effektiewe innerlike genesing te ervaar. Dit handel met die wortel van dit wat ons verhinder om in ‘n intieme verhouding met God te beleef. Gedurende die sessie word die leuens wat ons aanvaar het met die waarheid verplaas. Die waarheid stel ons in staat om volheid te leef in ons identiteit in Christus.

SoulCare sessies word gefasiliteer deur opgeleide vennote wat nie vergoeding verdien nie.

Kyk ons getuienis video HIER

Kliek HIER om aansoek te doen vir ‘n SoulCare afspraak

Hospitaalbediening

Gaan jy dalk in vir ‘n operasie? Ons Hospitaalspan staan reg om jou te ondersteun en vir jou te bid. Ons staan ook reg om te ondersteun met doodsbegeleiding.

Kontak: [email protected]

Jy verstaan my nie

“Jy verstaan my nie” is ‘n ouerbeleggingsgeleentheid waar ons ‘n spreuker kry om ouers te help om hul tieners beter te verstaan en tieners om hul ouers te verstaan. Ons besef dat om ‘n tiener groot te maak nie ‘n maklike taak is waarvoor enige iemand jou kan voorberei nie. Daarom wil ons geleenthede skep vir ouers om vaardighede aan te leer oor hoe om hul tieners te benader en beter te verstaan.
Hou ons kalender dop vir die volgende geleentheid.

Additionele hulpbronne

Praat met Ons