Hartland

Meer Oor

Hartland

Kampus

WAT LEEF IN DIE HART
VAN DOXA DEO

Doxa Deo is meer as net n naam vir n gemeente. Ons glo dit is n beskrywing van dit wat God wil doen reg oor die wêreld en ook hier in die tuinroete.  (HÁBAKUK 2:14 Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek.).  Alles wat ons doen fokus op die toerusting en mobilisering van mense sodat elkeen kan deelneem aan Jesus se Sending om nuwe lewe te bring in elke area van ons samelewing. Ons leer saam God ken, ander mense liefhê en ‘n positiewe impak maak in my wêreld. (Knowing God, Loving People, Impacting my World)

Ons is ‘n Familie op ‘n missie wat saam met ander gemeentes in die Tuinroete wil werk vir die positiewe verandering wat Jesus en Sy waardes bring in kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering.

Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!!!

Waar en Wanneer

OUDITORIUM  | Rolbalsaal 08:30 | 10:00 @ Riemland Laan, Hartenbos, South Africa
AANLYN KERK | Sien ons YouTube kanaal / Sien “Kyk Aanlyn” knoppie

Sondag Dienstye

Oggenddienste

08:00 | 09:45

AANBIEDING TAAL

Afrikaans

Hoe word ek deel?

Hoekom Vennootskap?

Dit is vir ons belangrik dat mense sal beweeg van blote bywoners van ons dienste om in te skakel by die verhoudings en aktiwiteite en missie van ons gemeente. Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korinthiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.

Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd en ons energie en ons finansies die Here se koninkryk vestig orals waar ons funksioneer.

Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.

Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus strek te maak.

Belegging:
Ons wend ons finansiele vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.

Hoe word ek 'n Vennoot?

Kontak gerus die kampus waar jy wil inskakel en skakel in by ons Nuwe Vennote proses. Daarna vat ons jou graag na ons dissipelskap prosesse sodat jy jou plek in die liggaaam van Jesus kan vind en jou roeping so saam met ons uitleef.

Kontak

Andre van der Merwe

0813780685

[email protected]

om in te skakel.

Oor Ons Personeel

Die missie van elke personeellid by Doxa Deo Hartland is om vennote te ondersteun om hulle plek in die Doxa Deo Tuinroete Familie te vind en om hulle roeping in die Missie van Jesus te ontdek en uit te leef.

Kerk is nie ‘n byeenkoms nie, dis ‘n Familie op ‘n missie.

Ons Span

Jaco & Mariëtte Schutte

Zone Leier

Tania De kock

Ondersteuningspersoneel

GERHARD & RICOLETH VAN RENSBURG

Bedieningsleier

ANDRÉ & SUZANNE VAN DER MERWE

Worshipleier

Jonathan Britz

Skolewerker

Praat met Ons