Wat Ons Glo
By Doxa Deo KIDS rig ons passievolle kinders op wat in hul skeppingsdoel leef!
Ons weet dat God ‘n uitspraak en roeping het oor elke kind, daarom rus ons hulle toe om hulle identiteit in Christus asook hulle gawes te ondek en te beoefen sodat hulle van ‘n jong ouderdom hul wêreld kan impakteer en vernuwe.
Doxa Deo KIDS plaas hoë waarde op die behoefte van elke kind, daarom word elkeen bedien op sy ouderdoms- en ontwikkelingsvlak vir optimale groei en verstaan.
Die volgende ouderdomskategorieë word bedien by ons twee Sondagoggenddienste:
Voorskool | Grade | Pre-Teens
Indien jy graag wil betrokke raak of meer inligting verlang aangaande Doxa Deo KIDS, kontak ons gerus