Young adults
Die Young Adult-groep van Doxa Deo George bestaan uit enige studente, ongetroudes en jong werkendes tussen die ouderdomme van 19 en 35. Dis ’n heerlike kuierplek waar ons saam nuwe dinge in God se Woord ontdek.
Ons glo dat God al die Young Adults van die Tuinroete wil bereik en gebruik om Sy heerlikheid te verkondig. Sodoende sal ons sien hoe God se koninkryk gevestig word in ons dorp. Die leiers speel ‘n belangrike rol om die Young Adults te help om City Changers te wees. Hulle funksie is meestal gefokus op dissipelskap en die reёl van geleenthede waar gemeenskap-bou die fokus is.