Tree
Ons Skole :
TREE, Transforming Educational Environments is betrokke by sewe skole in ons omgewing. Ons jeugwerkers dien by die volgende skole Laerskool Lynnwood, Laerskool Pretoria-Oos, Laerskool Anton van Wouw, Laerskool Menlopark, Afrikaanse Hoër Meisieskool, Afrikaanse Hoër Seunskool en die Hoërskool Menlopark.
Tree is betrokke by :
Ons is betrokke deur die volgende: Gebedsouers, gebedsuitreikaksies, Personeel beleggings, skole se CSV’s, Jesus weke, gebedsweke, bedieningsaande by skole, leierskap ontwikkeling, selgroepe by skole, ‘coaching/ one on one’ gesprekke met leerders, Skole Sondae by die kerk, uitreik na die Hoofde en ondersteuning van onderwysers.
Jy kan betrokke raak deur:
Jy kan betrokke raak deur jou tyd te gee deur toesig te hou en gebed by Bedieningsaande, gebedsgroep van ‘n skool by te woon, jou dienste beskikbaar te stel om onderwysers en leerders in nood te help en finansiele bydraes. Finansiële bydraes bemagtig ons jeugwerkers om ‘n verskil te maak. ‘n Artikel 18A is beskikbaar vir finansiele bydraes op aanvraag.
Ons skole:
Laerskool Anton van wouw
Laerskool Pretoria-Oos
Laerskool Lynnwood
Laerskool Monumentpark
Laerskool Menlopark
Afrikaanse Hoër Seunskool
Afrikaanse Hoër Meisieskool
Die Hoërskool Menlopark
Kontak :
Micaela van Biljon by [email protected]