Welkom in die wêreld van Adam en Eva Van Eeden – pasgetroud, beeldskoon en die vonkelpaartjie van die luukse Paradyskloof Estate. Alles skitter: diamante, sjampanje, perfekte tuine en gala-aande… maar onder die blink oppervlak lê daar geheime wat wag om oopgebreek te word.