Daar is baie situasies in die lewe wat die wind uit ons seile slaan. Die Life Centre bied gespesialiseerde en gefokusde areas van bediening vir die van ons wat deur moeilike tye gaan. Ons begeerte is om te sien dat elke mens weer voluit sal lewe en in kwaliteit verhouding met God en jou naaste sal leef.

Ons bied die volgende dienste aan

Ek Wil Voluit Lewe

Ek Het Berading Nodig
Ons het opgeleide beraders wat jou kan ondersteun en begelei deur jou moeilike tye.
Kontak gerus vir Charlene om ‘n afspraak te maak met een van ons beraders, by 012 362 1396 of  [email protected]

Ek Gaan Deur ‘n Moeilike Tyd

As jy deur ‘n moeilike tyd gaan, wil ons Bemoedigers jou graag ondersteun. Vul asseblief ‘n “Praat Met Ons” kaartjie in en gooi dit in die rooi posbus wat gemerk is “bid vir my”. Ons sal jou spoedig kontak en die nodige ondersteuning bied om jou deur die moeilike tyd te help.

SOZO

Sozo is ‘n Griekse woord wat die kombinasie van die drie konsepte, ‘saved, healed and delivered’ beskryf. Die Sozo bediening is daarop gemik om by die wortel uit te kom van dit wat jou dalk kan verhinder om in ‘n intieme verhouding met die Vader, Seun en Heilige Gees te leef. Sozo is nie ‘n beradingsessie nie, maar ‘n tyd van begeleide interaksie met die Vader, Seun en Heilige Gees ter wille van heelheid en vryheid.

Operasie BK

Operasie BK is ons kosgee projek. Dit is spesifiek gemik op behoeftige gesinne in ons eie gemeente. Indien jy weet van gesinne wat behoefte het aan kos, bring dit asseblief onder die leierskap se aandag sodat ons vir daardie gesinne kan kospakkies opmaak.

Herstel Kursus

Beleef jy gebrokenheid in jou verhoudingslewe, voel jy platgeslaan en hopeloos? Besef jy dat dit God se hart is om voluit te leef. 2 Korintiërs 4:8 maak dit duidelik dat die lewe ons soms hard tref, maar dat ons alles kan oorwin. Ons Herstel Kursus skop af in Februarie 2019.

Vir meer inligting, kontak Charlene by [email protected]

Ek wil graag help bedien

Ek Wil n' Verskil Maak

Bemoedigers

As jy ‘n passie het om te sien hoe ander mense herstel word, dan is die Bemoedigers die plek om jou bediening uit te leef. Reg deur die jaar bied ons opleidingsgeleenthede aan vir ons Bemoedigers sodat ons mense wat deur trauma en krisisse gaan, sinvol kan ondersteun en bemoedig.

Beraders

Ons skep graag spasie vir beraders wat hulle passie en tyd hier by Brooklyn Kampus wil gee. Indien jy jou bediening as berader hier wil uitleef kan jy ons kontak by die kerk kantoor.

Spesialiste

Ons het ‘n omvattende netwerk van sielkundiges, terapeute, psigiaters, spelterapeute en ander professionele kundiges wat ook van hul tyd gee by Brooklyn Kampus.  Indien jy ook deel van jou bediening hier wil uitleef binne jou professionele kapasiteit, kan jy gerus die kerkkantoor skakel sodat ons jou kan deel maak van ons Life Centre prosesse.

Operasie BK

Jy kan op ‘n gereelde basis ‘n verskil maak in mense se lewens deur Operasie BK te ondersteun. Die wit Operasie BK emmers het ‘n lys van produkte binne in. Jy kan so ‘n emmer huis toe vat en dan vul met dit wat op die lysie staan.  Bring die vol emmer kerk toe en los dit onder hierdie Life Centre bord.  Neem dan weer ‘n leë emmer en herhaal die proses so gereeld soos wat jy kans sien.

Herstel Kursus Fasiliteerders

Herstel Kursus word drie keer per jaar aangebied en ons maak staat op groepleiers en fasiliteerders om elke groep te begelei deur hierdie groeiproses. As jy al deur die groeiproses van Herstel Kursus is (of jy het al ‘n soortgelyke groeiproses deurgemaak wat jou gehelp het om genesing en herstel te kry oor die seer en teleurstellings van die verlede) dan kan jy gerus aanmeld vir diens by Herstel Kursus.

Toerustingsgeleenthede

Ons bied reg deur die jaar toerustingsgeleenthede aan soos die Pastorale Beradingskursus of die Trauma en Herstel kursus.  Die meeste van hierdie kursusse word op tersiêre vlak geakkrediteer en is wonderlike geleenthede waarby ons mense wil help groei en toerus om meer effektief vir ander versorging te bied.

Hospitaalbediening

Wil jy deel word van die span wat besoek aflê by die hospitale in ons stad? Kontak gerus vir Charlene by [email protected].

Vir enige navrae aangaande die Life Centre, kontak gerus vir Charlene by 012 362 1396, of [email protected]

Praat
Met
Ons

Jou Naam (vereis)

Jou E-Pos (vereis)

Jou Telefoon

Boodskap