Kerk Lewe

6 Areas vir Sondae Betrokkenheid

Gasvryheidspan

Ons wil graag ons Gasvryheidspan uitbrei om nie net by die deure te groet maar ook ‘n span te hê wat kan help by: Toonbank, Koffie stasies asook by 2 groot ingangshekke te groet.
Die span Dien elke 2de of 3de naweek. Kontak: [email protected]

Kunste/ Drama/ Dekor

Is jy lief vir mooi maak en hande werk? Kan jy toneelstukke skryf of is drama en dans jou passie? Kan jy mooi fotos neem of video? Raak dan deel van ons Kunste en Kreatiewe Bediening.
kontak: [email protected]

Tegnies

Ons skep ‘n geleentheid vir mense wat passievol is oor KLANK, MEDIA, BELIGTING, KAMERAWERK wat kan dien tydens ons Sondag Dienste. Kontak: [email protected]

Fusion

Het jy ‘n passie vir die volgende generasie? Wil jy ‘n verskil in tieners se lewens maak? Kom raak deel van ons leierskap. Of wil jy finansieel bydrae om ’n spasie te skep waar tieners goeie tye saam kan beleef. Indien een van die twee faktore iets in jou kom wakker maak. 

kontak: [email protected]

Kids

Kom raak deel van ons kinderbediening waar ons die geleentheid skep vir mense wat ‘n passie het om die kleinspan te ontwikkel. Fasiliteerder / Hulp fasiliteerder. Hulp met registrasie voor die dienste Hulp met op- en afslaan van banners, gazebos en vlaggies, finansiële bydra met verversings vir die kinders.
Kontak: [email protected]

Life centre – GEBED

Daar is geleentheid om deel te word van die gebedspan wat elke Sondagoggend voor die dienste saam bid in die Kapel.  Gaan besoek gerus Brooklyn Kampus se YouTube blad vir inligting oor al ons Life Centre bedieninge. Kontak: [email protected]

Indien jy betrokke wil raak By een van die bogenoemde:

Hoe word ek deel?

Praat met Ons