Feesdienste

Feesdiensspan

Dit is ware Brooklyn-kultuur om deurgaans gemeenskap tussen ons vennote aan te moedig en te bewerkstellig. Deel hiervan, is die kweking van liefdevolle verhoudings as ‘n leefwyse en gevolglik daardie egte gevoel van ‘om te behoort, te ervaar wanneer ons as kerk bymekaarkom. Daarom is dit van kardinale belang dat ons moeite doen om, reeds met die intrapslag, mense met ope arms te ontvang en te laat welkom voel.

Info - toonbank

Ons wil seker maak dat elke vraag vinnig, vriendelik en met sorg hanteer word. Die info-toonbank help met algemene navrae, kursus-inskrywings en soms ook kaartjieverkope. As jy graag hier wil inskakel, sal ons jou met liefde toerus en oplei.

Verwelkoming

Elke persoon wat by ons instap, moet voel: hier is ek tuis. Die verwelkomingspan beman ons deure op ’n Sondag en ontvang vennote en besoekers met warmte, opregtheid en ’n glimlag.

Nagmaalspan

Ons Nagmaalspan dien getrou deur voor te berei en om te verseker dat hierdie heilige tyd van aanbidding met sorg, eerbied en liefde uitgevoer word. Dit sluit in die dek en voorbereiding van die Nagmaaltafels vir die gemeente.

As jy graag op enige van hierdie maniere betrokke wil raak, kontak gerus vir:

Maryna Malan by die oggenddienste
[email protected]

Bernadine Theron by die aanddienste
[email protected]

Praat met Ons