Feesdiensspan
By Brooklyn is dit deel van ons DNA om doelbewus gemeenskap te bou. Ons glo dat liefdevolle verhoudings nie net iets is wat ons doen nie, maar hoe ons leef. Wanneer ons as kerk bymekaarkom, moet mense iets eg ervaar: ek behoort hier. Daarom maak ons dit ’n prioriteit om mense van die heel eerste oomblik af met oop arms te ontvang en welkom te laat voel.
Info-toonbank
Verwelkoming
Ons wil seker maak dat elke vraag vinnig, vriendelik en met sorg hanteer word. Die info-toonbank help met algemene navrae, kursus-inskrywings en soms ook kaartjieverkope. As jy graag hier wil inskakel, sal ons jou met liefde toerus en oplei.
Nagmaalspan
As jy graag op enige van hierdie maniere betrokke wil raak, kontak gerus vir:
Maryna Malan by die oggenddienste: [email protected]
Bernadine Theron by die aanddienste: [email protected]