Meer Oor

Brooklyn

kampus

WAT LEEF IN DIE HART
VAN DOXA DEO

Doxa Deo funksioneer as een gemeente in ‘n stad met ‘n verskeidenheid kampusse en bedieninge. Alles wat ons doen fokus daarop om ons mense toe te rus en op te rig sodat hulle agente van positiewe verandering in hulle wêreld kan wees. Hierdie agente, wat ons ‘City Changers’ noem, ken God, het mense lief en hulle impakteer hulle wêreld met die waarheid van Jesus. (Knowing God, Loving People, Impacting my World)

Ons is op ‘n missie om die positiewe invloed van Jesus se waardes na elke area van die samelewing te neem. Ons glo dat kerk, opvoedkunde, sosiale dienste, besigheid, media, kunste, sport en plaaslike regering sal floreer as die lewegewende waardes van Jesus in al hierdie areas sigbaar word.

Doxa Deo, ons is ‘n Familie op Missie!!!

Waar en Wanneer

OUDITORIUM  | Dienstye: 08:15 | 10:00 | 17:30 | 19:00
AANLYN KERK | Sien ons YouTube kanaal / Sien “Kyk Aanlyn” knoppie

Hoe word ek deel?

Hoekom Vennootskap?

Dit is vir ons belangrik dat mense nie net van ons dienste bywoon nie, maar sal inskakel by die verhoudings, aktiwiteite en missie van ons gemeente.

Die Bybel gebruik verskillende metafore vir die kerk van Jesus bv ‘n bruid, ‘n weermag, ‘n geestelike gebou of ‘n liggaam. Ons hou van die gedagte wat ons vind in 1 Korinthiërs 3:9 dat ons mederwerkers van God is. Uit hierdie gedagte het die konsep van geestelike vennootskap ontstaan. Ons is nie net lidmate van ‘n kerk nie, ons is vennote van God se missie vir ons wêreld.

Vennootskap dui daarop dat ons met ons tyd, ons energie en ons finansies die Here se koninkryk sal vestig orals waar ons funksioneer.

Bywoning: Ons wend ons tyd aan om gemeentelewe te prioritiseer.

Bydra: Ons wend ons unieke talente aan om die liggaam van Christus sterk te maak.

Belegging:
Ons wend ons finansiële vermoëns aan om die kerk van Jesus te bou.

Hoe word ek 'n Vennoot?

Dit is vir ons belangrik dat jy nie net ‘n gereelde besoeker sal wees by Doxa Deo Brooklyn nie, maar dat jy deel sal word van die gemeente en jou plek in die liggaam van Christus sal vind.

Jy is welkom om tydens enige van ons dienste, na die tyd by “Starting Point” agter in die saal aan te meld, sou jy graag by die gemeente, groeplewe of bedieninge wil inskakel.

 

Kontak Maryna Malan om in te skakel.

012 362 1396
[email protected]

Oor Ons Personeel

Kerk is soveel meer as ‘n diens oor ‘n naweek. Vir ons is dit oor ‘n verbintenis met ander
mense, groei in jou geloof, en die bou van ‘n sterk fondasie vir jou gesin. Die missie van elke personeellid by Doxa Deo is om te sien hoe elke mens wat in Jesus glo, deel uitmaak van ‘n gesin, besig is om dissipels te maak, en te bou aan God se Koninkryk.

Ons Span

Bedieningspan Oggendgehoor

Jean & Willianna Symons

Kampusleier

Martin & Jani Bravenboer

Aanbidding | Huwelike

AJ & Suné Sutton

Bedieningsleier Oggendgehoor

Adri Stroebel

Kampus bestuurder

Marthinus & Bianca Steffen

CCEP | Toerusting

Ester De Koker

Kinderbediening | Life Centre

Corlene Snyman

Finansies | Bestuur

Ilze Richter

Ondersteuning: life centre | Kinderbediening

Maryna Malan

Ondersteuning: Oggendgehoor

Sunanri van schoor

Ondersteuning: Huwelike | Aanbidding | Toerusting

Trechia Arlow

Ondersteuning: kampus Leier

Bedieningspan Aandgehoor & Tieners

Werner & Michelle Janse Van Rensburg

Bedieningsleier Aandgehoor

Suné van der Merwe

Skole bediening | Metamorpho

Bernadene Theron

Ondersteuning: Aandgehoor

Micaela Van Biljon

Tienerbediening

Seamé Wilkins

Grafiese Ontwerper

Jaené Botha

Kommunikasie | Kunste

Hein de Beer

Videograaf | Film Redigering

Praat met Ons