Sake
Bediening
Doxa Deo se hart vir sakeleiers is dat ons jou kan begelei om jou roeping by jou werksplek te verstaan en ook om jou toe te rus om die Missie van Jesus uit te leef in jou wêreld.
Indien jy materiaal wil deurwerk wat jou sal bemagtig vir jou taak as gelowige in die werksplek, kan jy gerus na ons video-kursus by Lifework Groups kyk: (https://coaching.citychanger.org/p/lifework-groups/)
Lifework Leadership is ‘n meer intense program wat oor 9 maande strek waar sakeleiers wonderlik toegrus word en met ander kan skakel ten opsigte van die uitdagings in die werksplek. (https://www.lifeworkleadership.org/cities/pretoria/)
Kyk gerus uit op ons Kalender vir kwartaallikse sakebyeenkomste.
Kontak ons indien jy in ‘n groep wil inskakel waar jy weekliks met mense kuier wat saam met jou in die sakewêreld funksioneer.