Feesdienste
Feesdiensspan
Info - toonbank
Ons wil seker maak dat elke vraag vinnig, vriendelik en met sorg hanteer word. Die info-toonbank help met algemene navrae, kursus-inskrywings en soms ook kaartjieverkope. As jy graag hier wil inskakel, sal ons jou met liefde toerus en oplei.
Verwelkoming
Elke persoon wat by ons instap, moet voel: hier is ek tuis. Die verwelkomingspan beman ons deure op ’n Sondag en ontvang vennote en besoekers met warmte, opregtheid en ’n glimlag.
Nagmaalspan
Ons Nagmaalspan dien getrou deur voor te berei en om te verseker dat hierdie heilige tyd van aanbidding met sorg, eerbied en liefde uitgevoer word. Dit sluit in die dek en voorbereiding van die Nagmaaltafels vir die gemeente.
As jy graag op enige van hierdie maniere betrokke wil raak, kontak gerus vir:
Maryna Malan by die oggenddienste
[email protected]
Bernadine Theron by die aanddienste
[email protected]