The wave
Gather - Grow - Go
Ons is ’n Doxa Deo geloofsfamilie wat studente & jong volwassenes vorm tot volwasse dissipels van Jesus om sy heerlikheid te bring vir ander dissiples sodat hulle weer dissipellmakers kan gaan wees.
ONS HART & VISIE
“Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens leer met alle wysheid, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel.” Kolossense 1:28
Ons hart is om jou te sien groei in die realiteit wat God vir jou gegee het in Jesus, die vryheid en die gesag. Om Jesus se liefde te deel met mense en ‘n lewe van impak te he in jou huis, werk en stad.
“Want die aarde sal vol word van die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem bedek.” – Habakuk 2:14
Ons glo God wil die aarde vul met Sy teenwoordigheid en jy is die draer van dit waar jy beweeg sodat jy dit weer kan oor dra vir ander sodat hulle dit weer kan dra, so kan ons sien dat Sy heerlikheid die aarde vul.
Jou groei in Christus, saam medegelowigis sien toe dat die Here se liefde sigbaar raak in jou vriende, familie, en in die samelewing.
Dit is ons missie
Ons is ’n gemeenskap waar jong volwassenes gewortel word in Christus, gevorm word deur gemeenskap, en gestuur word met ‘n doel in die same leweing in.
Hier word geloof nie net geleer nie, maar leef ons dit saam met mekaar in ons stad
As jy verlang na ’n geloof wat jou hele lewe raak,is jy op die regte plek
Grow
Ons word saam gevorm in Christus
En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is. – II KORINTHIËRS 3:18
By Doxa Deo groei ons saam deur:
- Dissipelskap in gemeenskap
- Die Woord en gebed
- Lewensgewende gewoontes
- Gees-geleide vorming
So word identiteit gevestig, geloof standvastig en Jesus se liefde vir ander sigbaar.
Elke Maandag Manne en vroue groepe (Radiance en Discovery)
Elke Woensdag dissipelskap groepe (D-groups)
Gather
Ons kom bymekaar as ’n geloofsfamilie rondom Jesus as die hoeksteen.
Ons kom elke Sondag 17:30 bymekaar as deel van die groter Doxa Deo-familie by Brooklyn kampus. Die dienste is gefokus dat God se woord jou lewe sal aanraak en dat jy sal bemagtig wees om te heers in die wereld deur Sy gees.
Ons het deur die week ook woordskole, kursesse en geleenthede wat jou bemagtig om ander se lewens aan te raak en te bemoedig.
Ons vier God se teenwoordigheid saam en bou verhoudings waar mense geken, aanvaar en ondersteun kan word.
Go
Ons leef as City Changers
Ons leef want ons is gestuur om in geloof, liefde en hoop in ons hart te loop en dat dit alle areas mense sal raak.
Ons dien by die kampus in verskillende areas op Sondae en deur die week in kleigroeppe soos ‘n familie mekaar bedien.
Ons gaan en raak mense se lewens deur projekte waarby ons betrokke is soos RedFrogs, Lifting Dreams, en Street Store
Jy is ook geroep om waar jy is huis, werk of gemeentskap om geloof, liefde en hoop te bring in daai area in want jy is ‘n City Changer.
Kontak: Bernadine