Die doelwit van die Life Centre is om mense te bereik met die liefde van God, geopenbaar in Jesus Christus, sodat Sy mense herstel kan word tot welstand en heelheid.

Daar is baie situasies in die lewe wat die wind uit ons seile neem. Die Life Centre bied gespesialiseerde en gefokusde areas van bedienings vir die van ons wat deur moeilike tye gaan.

Die Life Centre fokus op restourasie en heelheid. Die Woord kom wys vir ons hoe om ‘n vervulde lewe in Christus te hê, nl. dat ons gees, siel en liggaam geheel en al gesond moet wees. Ons begeerte is dus om te sien dat elke mens weer voluit kan lewe en in ‘n kwaliteit verhouding met God en hul naaste kan lewe.

1 Tess. 5:23 “Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!“

Doxa Deo se Life Centre staan tans op drie bene:

Bemoedigers / Gebedspan

SoulCare

Christelike Berading

Life Coaching

Bemoediging en Gebed

Benodig jy gebed of bemoediging? Ons het ‘n span mense wat gereed is om daar te wees vir jou, saam met jou bid en jou te bemoedig. Na elke diens by die kerk sal daar ook bemoedigers beskikbaar wees om saam met jou te bid. Jy kan ook ʼn gebedsversoek via whatsapp met ons deel.

Vir bemoediging of gebed kontak Charney van Loggerenberg by 084 884 7777.

SoulCare

SoulCare is ‘n unieke bediening vir innerlike genesing en bevryding. Die bediening is daarop gemik om by die wortel uit te kom van dit wat jou verhinder om in ‘n intieme verhouding met Vader God, Jesus en Heilige Gees te staan. Wanneer daardie verhouding herstel is, kan jy die doel waarvoor jy geroep en geskape is, ten volle begin uitleef. SoulCare is nie ‘n beradingsessie nie, maar ‘n tyd van interaksie met God die Vader, Seun en Heilige Gees ter wille van heelheid en vryheid.

Gebruik die skakel hieronder om aansoek te doen vir ‘n SoulCare sessie: https://forms.gle/7saZnhnXTTAzzxxT8

Indien jy meer inligting wil hê oor SoulCare skakel gerus vir Marné Buÿs by 084 328 8404.

Christelike Berading

Ons hart is om deur Christelike berading mense in Doxa Deo te help om genesing, hoop en rigting te vind deur ‘n Bybelse perspektief.

Ons benadering is gegrond in die Woord van God en die waarheid van Sy liefde en genade.

Indien jy ondersteuning nodig het of met iemand wil gesels oor ‘n uitdaging in jou lewe, is jy welkom om vir Nina te kontak. Jy hoef nie alleen deur jou stryd te gaan nie—daar is hoop en genesing in Christus!

Kontak gerus vir Nina Hefer (082 463 6657) om ‘n afspraak te maak.

Life Coaching

Staan jy by ‘n kruispad in jou lewe? Wonder jy wat God se plan is vir jou? Met gefokusde coaching kan ons jou unieke, God-gegewe sterkpunte en talente ontdek. Met ‘n gestruktureerde plan, kan ons die konneksie maak tussen waarmee jy goed is (God-gegewe talente) en wat jou energie gee. Op dié manier kan jy jou lewe en loopbaan belyn met jou talente en passies en klarigheid kry oor Sy plan vir jou.

Of jy wonder oor jou doel in die lewe, ‘n loopbaanskuif wil maak, of dalk net ‘n pad uit jou huidige onsekerheid wil vind – saam kan ons jou reis begin.

Kontak gerus vir Marlene Lesch (0832360036) of e-pos [email protected] indien jy belangstel.

Indien jy meer inligting oor Doxa Deo Stellenbosch se Life Centre benodig of betrokke wil raak by enige van die bogenoemde bedienings, kontak asb vir Nina Hefer by 082 463 6657.

Praat met Ons